4350 Geen vloek teen my nie

12 Maar God het vir Bileam gesê: “Jy mag nie saam met hulle gaan nie. Jy mag nie die volk vervloek nie, want hulle is geseënd.” Num. 22:12 BDV

Toe die Israeliete deur die gebied van Moab getrek het, het hulle vrees ingeboesem by Balak, die Moabitiese koning. Hy kry toe vir Bileam, ‘n bekende waarsêer en profeet, om Israel te kom vervloek. Hy het geglo dat dit hulle sou verswak, sodat hy hulle kon aanval. In pleks van ‘n vloek, kon Bileam egter net ‘n seën oor hulle uitspreek, drie keer agter mekaar! God het vir Bileam gesê dat Israel nie vervloek KAN word nie, want hulle is geseënd en bly geseënd. Geen vloek kan vat kry op dit wat God geseën het nie!

Hierin is vir ons ‘n belangrike les. God het ons geseën in Christus Jesus met genade, liefde en vrede. Daardie seën kan nie weer onttrek word nie. Niks kan dit uitkanselleer nie. Dit beteken nie dat jy in sonde of verkeerde dinge kan volhard nie. Nee, sulke dinge het wel konsekwensies. Dit beteken dat jy in geloof jou seën en genade en liefde en vrede moet aangryp en nooit weer laat los nie!

Amen, Here! Dankie, getroue Vader, dat ek in U ‘n geseënde is, ‘n geliefde, ‘n kind. Dankie dat geen aanslag of ongeluk of situasie daardie feit kan kanselleer of ondermyn nie. In U BLY ek geseënd. Ek neem dit vandag weer in volle geloof aan; ek leef dit uit met oortuiging! Amen.

BEDINK VANDAG: Daar is geen vloek teen my nie, ek is geseënd.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8217952895?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –