4353 Wat kies jy?

2 Al hierdie seëninge sal jy ontvang, en dit sal jou deel word as jy luister na die stem van die HERE jou God: 3 Geseënd sal jy wees in die dorp en geseënd sal jy wees in die veld. Deut. 28:2-3 BDV

Hier aan die einde van Deuteronomium vind ons hoofstukke vol seëninge en vloeke. Die seëninge is wonderlik en die vloeke is erg! Moses sê as die volk kies om God se wet te gehoorsaam, kan hulle sy seën verwag. As hulle sy gebooie nalaat, sal die vloek hulle inhaal. As nie-Joodse gelowiges hou ons nie die Joodse wet soos die Jode nie, maar daar is vir ons ook ‘n belangrike les in. Ons kan steeds, in ‘n sin, ons eie seën en vloek kies. Sonde het steeds ‘n skaduwee, ‘n vloek, want dit het konsekwensies. Keuses het gevolge. Selfs al het die Here (en ander) ons vir ons oortredings vergewe, moet ons dikwels nog die gevolge dra.

Kyk, dis moeilik om geestelike “wette” te maak wat altyd uitwerk, want ons wêreld is sondig en gebroke. Jy kan die volgende egter beslis weet: as jy die Here kies en sy wil doen, sal jy wel sy seën beleef. ‘n Lewe met Hom is altyd die mees geseënde lewe!

Liefdevolle Vader, dankie dat U vir ons die regte pad wys. Lei my in U wil in, deur u Heilige Gees, en help my dan om dit te doen. Ek kies ‘n lewe van gehoorsaamheid, ‘n lewe met U. Wat ‘n seën! Amen.

BEDINK VANDAG: Seën is ‘n lewe met God.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com

8237041664?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –