4356 Wees sterk

6 Wees vasberade en sterk, want jy moet hierdie volk die land in besig laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. Jos. 1:6 BDV

Toe Moses vir Josua as sy opvolger aangestel het, het hy herhaaldelik vir hom gesê om “sterk en vol moed” te wees, volgens een vertaling. Hier vind ons die Here self wat vir Josua, toe hy sy volk se leierskap oorneem, herhaaldelik sê: “Wees sterk en vol moed!” Onthou, alhoewel Kanaän aan Israel belowe is, moes hulle dit self ook inneem, stad vir stad, stryd vir stryd. Uiteindelik, toe Josua weer die leisels aan die leiers onder hom oorgee, moedig hy hulle ook aan om “sterk en vol moed” te wees.

Die lewe kan hard wees, nie waar nie? Dis nooit net maanskyn en rose nie! Vir als wat jy wil hê moet jy werk, stry, baklei. Dit verg dikwels bloed, sweet en trane. Selfs die Here se beloftes moet gaan haal word deur gehoorsaamheid, getrouheid en geloof. Wees egter sterk, wees vasberade, wees moedig. Moenie ingee nie! Oorwin nou daardie vrees, staan op, tel weer jou wapens op. Die Here is met jou! Gaan veg vir jou erfenis.

Here van die Leërskare, gee my nuwe krag. Maak my moedig om die lewe te leef, om te wees wie ek is, om onbeskaamd vir U te staan, om die stryd te stry wat voor my lê. Ek neem my krag by U, ek oorwin my onsekerheid en ongeloof, ek vestig my oë op die doel, en ek pak hierdie taak opnuut aan. Ek KAN en ek SAL die doel bereik, in Jesus’ Naam, amen!

BEDINK VANDAG: Wees sterk en vol moed!

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com8254730279?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –