4359 Laat die mure val

10 Aan die manskappe het Josua die opdrag gee: “Julle mag nie 'n oorlogskreet aanhef en julle stemme laat hoor nie. Daar mag nie 'n woord uit julle monde kom nie, tot die dag dat ek vir julle sê, 'Skreeu!', dan moet julle die oorlogskreet aanheg.” Jos. 6:10 BDV

Josua se strategie om Jerigo te verower was nie militêr van aard nie, maar geestelik. Jerigo het gestaan vir die geestelike weerstand teen God se belofte van ‘n nuwe land. Eers het die Israeliete vir ses dae in stilte om die stad beweeg. Die ark van die Here en die ramshorings wat blaas het egter God se teenwoordigheid op die slagveld bevestig. Die sewende dag het hulle sewe keer om die stad beweeg. Toe het hulle, op die sein van die ramshoring, na die mure gedraai en die oorlogskreet begin skreeu. Daarop het die mure ineengestort en is die stad verower.

Paulus sê dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen geestelike magte. Ons moet dus in ons eie stryd nie net ‘n menslike strategie implementeer nie, maar ook ‘n geestelike. Verstaan jou gesag in die Here. Onthou dat die vyand se aanslag gebaseer is op leuens. Weier dus om te vrees. Inteendeel, weerstaan die vyand in krag en met waarheid. Laat die mure val!

Hemelse Here, dankie vir u oorwinning oor die vyand. Help my, deur die Heilige Gees, om die leuens te onderskei wat op my gerig is. Help my om dit met die waarheid te weerstaan. Gee my groot geloof, Here, moed en uithouvermoë om elke aanslag af te weer. Laat die mure val, in Jesus’ Naam! Amen.

BEDINK VANDAG: Die mure val, in Jesus’ Naam!

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com

8266799479?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –