4360 Saam in die stryd

14 Daar was nooit tevore of daarna 'n dag soos hierdie nie, waarop die HERE geluister het na die stem van 'n mens. Ja, die HERE het vir Israel geveg. Jos. 10:14 BDV

In die stryd om die Beloofde Land het Josua baie geestelike lesse geleer en ‘n baie groot leier geword. In hierdie hoofstuk het die Israeliete deur die nag getrek en hulle vyand verras en oorrompel. Toe die vyand vlug, het ‘n haelstorm, met reuse haelstene, hulle verder uitgedun. Toe die magte mekaar in die laagte ontmoet, het die tyd gaan stilstaan, totdat die Israeliete se oorwinning verseker was. Daardie dag was die hoogtepunt in Josua se leierskap en ‘n draaipunt in hulle geestelike stryd. Weer het Josua gesien hoe die Here vir hulle veg. Weereens was dit HY wat die deurslag gegee het, nie hulle eie stryd nie.

Beleef jy ‘n geestelike stryd? Veg jy? Onthou, die Here veg ook! Hy is saam met jou in die stryd. Jou stryd is maar deel van ‘n groter aanslag van die vyand teen God se kinders, maar die Here het hom oorwin en sal hom nog finaal oorwin. Veg nou voort met nuwe krag, met groot geloof! Jou God is met jou!

Here Jesus, dankie dat U die vyand reeds oorwin en gebind het. Dankie dat U hom nog finaal sal oorwin, as U kom, met u leërskare, op die laaste dag. Dankie dat U my deel maak van u oorwinning. Gee my die krag om my eie stelling getrou en moedig te verdedig, in Jesus’ Naam. Amen.

BEDINK VANDAG: My God is met my in my stryd.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.
  • © 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | jimileroux.com

8270705861?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –