4365 God se beeld van my

12 Die Engel van die HERE het aan hom verskyn en vir hom gesê: "Die HERE is met jou, dapper kryger!" Rig. 6:12 BDV

Gideon het koring uitgeslaan in ‘n parskuip, omdat hy bang was vir die Midianiete, wat in daardie tyd gereeld hulle vee en oeste gestroop het. Op ‘n dag sit daar ‘n Vreemdeling op hulle werf en sê vir hom die bogenoemde woorde. Gideon se antwoord was dat hy geensins ‘n dapper kryger is nie. Inteendeel, hy was die onbelangrikste kind van die onbelangrikste familie! Die Vreemdeling het egter bloot herhaal dat Gideon nou in “hierdie krag van jou” moet gaan, leierskap moet opneem en Israel van die Midianiete moet red. En dis wat Gideon uiteindelik gedoen het!

Soos ons ‘n beeld van God het, het God ook ‘n beeld van ons, wat anders mag wees as ons eie selfbeeld. Die Here het duidelik baie meer in Gideon se potensiaal geglo as hy self! God sien ‘n “dapper kryger”, nie ‘n bang wegkruiper nie. So kyk die Here na jou en sien iets veel groter as wat jy kan droom! Gaan nou in jou krag en doen groot dinge! 

Dankie, Almagtige Vader, dat U met my praat en my aanmoedig. Dankie dat U groot potensiaal in my belê het en groot verwagtings van my koester. Help my, Here, om nie weg te skram of bang te wees nie, maar U roeping vir my te aanvaar en te omarm. Gee my die krag om moedig te wees en gee my die oorwinning wat U glo ek kan behaal! In Jesus’ Naam, amen.

BEDINK VANDAG: Here, wat dink U kan ek doen?

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luisterop ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Senderin jou Junk Mail Options.

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8297239692?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –