4366 Ek leef vir God

17 Hy het toe sy hele hart vir haar oopgemaak. Hy het vir haar gesê: “'n Skeermes het nog nooit naby my kop gekom nie, want ek is van die moederskoot af 'n nasireër van God. As ek geskeer word, sal my krag van my wyk. Ek sal swak word en soos enige mens wees.” Rig. 16:17 BDV

Simson se verhaal is hartseer. Hy was van geboorte af aan God gewy, ‘n nazir, en moes ‘n streng, heilige lewe leef. Daarvoor was hy met geweldige krag toegerus. Simson leef egter allesbehalwe heilig! Hier raak hy betrokke by Delila, ‘n Filistynse meisie, en gee aan haar sy geheim weg, onder andere dat sy hare nie gesny mag word nie. Toe sy dus sy sewe vlegsels afsny, was sy belofte verbreek en sy krag tot niet. Hy draai sy rug op God, met ander woorde, en op sy roeping, ter wille van dit wat ‘n vrou kan bied. Daarop word hy oorrompel en sy oë uitgesteek. Omdat hy bitter spyt was, het God hom vergewe en hom toegelaat om ‘n finale oorwinning oor die Filistyne te behaal, waarin hy self ook gesterf het.

Was jy ook eers toegewyd aan God, maar leef nou vir die wêreld? Besef jy al hoe leeg so ‘n lewe is? Keer terug, maak ‘n nuwe toewyding! God gee jou ‘n nuwe begin!

Hemelse Vader, verhoed dat ek vir die wêreld lief sal word, of teen U sal kies. Hou my trou by U! Ek verklaar weer my besluit om U alleen te dien. Amen.

BEDINK VANDAG: Ek leef vir God, nie vir die wêreld nie.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8408908468?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –