4368 Blindelingse geloof

8 In die middel van die nag skrik Boas wakker. Iets raak aan hom, en sowaar, daar lê 'n vrou by sy voete! 9 “Wie is jy?” vra hy. Sy antwoord: “Ek is Rut, u slavin. Gooi u mantel oor u slavin, want u is die losser.” Rut 3:8-9 BDV

Naomi en haar Moabitiese skoondogter, Rut, was sonder heenkome terug in Israel. Hul enigste hoop was op Boas, ‘n welvarende familielid. As hy met een van hulle sou trou, was hul versorg en kon hul eiendom in die familie bly. So ‘n naaste familielid is ‘n “losser” genoem. Tydens die gars-oes het Rut haarself mooi gemaak en in die nag onder sy kombers ingekruip. Niks seksueel is bedoel nie, sy het haarself eenvoudig net aan sy genade oorgegee, “onder sy vlerk” gaan inkruip. Toe hy haar kinderlike vertroue sien, het sy hart gesmelt. Hy het hulle almal versorg en ook met Rut getrou. 

Is Rut se gedrag skokkend? Miskien. Sy sluit egter aan by ‘n groep persone in die Bybel wat chutzpah gehad het: daardie blinde en vermetele optrede om iets te bereik - ‘n moedige nou-of-nooit keuse, wat kan slaag of totaal misluk. In die Bybel het sulke gedrag gewoonlik ‘n goeie uitkoms. Chutzpah is blindelingse geloof en geloof is altyd goed, want dit vertrou volkome op God!

Here Jesus, Ú is my Naaste, my Losser! Oordek my met u mantel en red my uit! Ek maak blindelings op U staat. Amen!

BEDINK VANDAG: Geloof vat ‘n kans.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luisterop ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Senderin jou Junk Mail Options.

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8414895481?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –