4371 Hartseer Ikabod

21 Sy het die seuntjie Ikabod genoem en, met verwysing na die wegvoering van die ark van God, en na haar skoonpa en man, gesê: "Die eer is weggevoer uit Israel." 1 Sam. 4:21 BDV

Toe Israel teen die Filistyne begin verloor in ‘n oorlog, doen hulle die dwase ding om die ark uit die tabernakel te gaan haal en op die slagveld neer te sit. Hulle probeer God manipuleer om hulle te laat wen! God laat hom egter nie manipuleer nie, en die ondenkbare gebeur: die Filistyne maak die ark buit, waarop die naam “Ikabod” (“die heerlikheid is weg”) dui. Vir sewe maande was dit by hulle en daarna vir 50 jaar in ‘n Israeliet se huis. Ironies genoeg het die godsdiens in die tabernakel voortgegaan…sonder die heerlikheid of teenwoordigheid van God!  

Kom ons maak ‘n hartseer toepassing oor die kerk vandag: op baie plekke gaan die kerk se bediening voort, asook die vergaderings en die planne, maar sonder die teenwoordigheid of heerlikheid van die Here. Dikwels is daar min Gees, maar baie vlees. Wat is die heerlikheid van God waaraan ons hier dink? Wel, dis God se krag en God se liefde! Daarsonder is dit Ikabod vir die kerk.

Here Jesus, ek wil vir die kerk bid: u kerk en my kerk. Ek is lief vir u kerk! Ons groot behoefte is egter na meer van U en minder van onsself. Vervul ons met u Gees, sodat ons in krag en in waarheid kan bedien. Gee ons u liefde, sodat ons vir die wêreld kan wys wat die hart van die Vader is. Amen.

BEDINK VANDAG: Gee my u krag en u liefde.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luisterop ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Senderin jou Junk Mail Options.

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8432694464?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –