4374 Nie deur swaard of spies

47 Dan sal almal wat hier byeen is, moet erken dat dit nie deur swaard of vegspies is wat die HERE verlos nie. Ja, die oorlog behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee. 1 Sam 17:47 BDV

Goliat die Filistyn, wat 2.25m lank was, het die Israeliete tot ‘n tweegeveg uitgedaag. Almal was egter bang! Vir dae het hy die Israeliete en hul God beledig. Toe Dawid, wat toevallig daar was, dit hoor, was hy kwaad. Met vyf klippies vir sy slingervel gaan hy Goliat tegemoet en oorwin hom, teen alle verwagting in. Let op:

  • Dawid se perspektief was anders. Sy woorde getuig van diep geestelike insig. Hy sien nie net ‘n slagveld en soldate nie, maar ‘n groter realiteit. Hy besef dat God betrokke is, dat dit SY stryd is – ‘n stryd wat nie verloor kan word nie.
  • Dawid moes steeds die strydperk betree en steeds die reus in die oë kyk. Ja natuurlik, hy moes die angswekkende geveg veg, maar hy doen dit nie alleen nie. Sy God was by hom.

Ja, daar is reuse op jou pad, struikelblokke, uitdagings. Vat egter wat jy het en gaan doen wat jy kan en vertrou die Here vir die res. Dis wat geloof is!

Betroubare God, dankie dat U met my is. Dankie dat U my toerus met krag en met moed. Help my om die reuse in my lewe met groot geloof aan te pak, om die vyand in die oë te kyk en te sê: “hierdie stryd behoort aan die Here!” Amen.

BEDINK VANDAG: Hierdie stryd behoort aan die Here.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Senderin jou Junk Mail Options.

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8444175862?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –