4394 Verleentheid/geleentheid

8 Ek gee nou opdrag oor wat julle saam met hierdie oudstes van die Judeërs moet doen om daardie huis van God te bou: Uit die koninklike staatskas – in besonder uit die belasting van die Wes-Eufraat – moet die uitgawes van daardie manne ten volle vergoed word, sodat die werk nie onderbreek word nie. Esra 6:8 BDV

Toe die Jode hulle tempel in Jerusalem wou herbou, het hulle teenstand ervaar van die nuwe inwoners daar in Judea. Die plaaslike goewerneur skryf toe ‘n brief aan Darius, die koning van die ryk, om duidelikheid te vra. Dit het die Jode moedeloos gemaak, want in die verlede het so ‘n beswaar al daartoe gelei dat die werk gestaak moes word. Die uitslag was egter ‘n verrassing. Die koning bevestig dat die werk moet voortgaan. Trouens, hy gee opdrag dat dit gedoen moet word op staatskoste. Watter wonderlike nuus! Nie net mag hulle verder bou nie, maar die “vyande” gaan nou daarvoor betaal! Die tafels is omgekeer – hulle verleentheid het ‘n geleentheid geword.

Weet jy, dieselfde kan by jou ook gebeur. Ons kom soms in ‘n verleentheid wat ons nie kan hanteer nie. Soms weet ons net nie meer wat om te doen nie. God kan egter steeds in daardie situasie ingryp en die tafels omkeer. Trouens, dinge kan baie beter eindig as wat jy tans besef!

Hemelse Vader, dankie dat U almagtig is. Dankie dat by U alle dinge moontlik is. Dankie dat hierdie situasie nog kan verander. Gryp in my lewe in, Here! Maak my verleentheid u geleentheid! Amen.

BEDINK VANDAG: By God is alle dinge moontlik.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luisterop ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Senderin jou Junk Mail Options.

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8565558501?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –