4398 Hernu die verbond

38 Op grond van dit alles gaan ons nou 'n bindende ooreenkoms sluit en dit op skrif stel, en daarop die seël plaas met die name van ons leiers, ons Leviete en ons priesters. Neh. 9:38 BDV

Toe die mure van Jerusalem voltooi is, het die volk hulle aan die Here herverbind. ‘n Dokument is in die verband opgestel, waarop al die leiers toe hulle seëls – of duimdrukke – daaraan geheg het. So hernu hulle hul verbond met God. Die verbond is dikwels hernu in die Ou Testament: Moses, Josua en verskeie konings het ook, by beslissende geleenthede, die verbond herbevestig. ‘n Gedenkteken soos ‘n klipstapel of geskrewe stela het dikwels as bewys gedien.

Soms kom ons ook by ‘n punt waar ons weer vir die Here moet besluit. Soms besef ons dat ons op ‘n verkeerde pad is. Soms begin ons twyfel of wanhoop. Ander kere druk omstandighede ons in ‘n hoek. Dan moet ons bewustelik weer besluit waar ons staan en wat ons verhouding met God presies is. Is jy dalk op so ‘n plek? Hernu dan jou verbond! Maak dit amptelik: skryf dit in jou dagboek, of neem ‘n klip en skryf die datum daarop en die woorde: “ek kies die Here!”

Getroue God, al dwaal ek soms af, kies ek vandag weer vir U. Ek sal altyd weer vir U kies! In hierdie omstandighede waarin ek is, wil ek ten minste dít bevestig: “U is my toevlug en my vesting, U is die God op wie ek vertrou!” Amen, amen!

BEDINK VANDAG: Ek kies vandag weer vir God.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luisterop ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Senderin jou Junk Mail Options.

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8588414279?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –