4415 Hy ken my

16 U oë het my vormlose ledemate gesien, en in u boekrol is hulle almal opgeskryf – in die dae toe hulle gevorm is en nie een van hulle daar was nie. 17 En vir my, hoe moeilik is u gedagtes, o God, hoe oorweldigend is die getal daarvan. Ps. 139:16-17 BDV

Die Here ken jou. Hy ken jou! Hy ken jou sterk en jou swak punte. Hy weet wat jou keer op keer laat struikel. Hy weet dat jy probeer; Hy weet wat vir jou moeilik is. Hy ken jou vrees en jou onsekerheid. Die Here ken jou trane. Hy voel intens saam met jou! Hy weet ook wat jy geniet en waarna jy streef. Hy ken jou ambisies. Hy weet wat jou lewendig en waardevol laat voel – wat die gebiede is waarop jy ‘n verskil wil maak.

Die Here het jou hele lewenspad opgeskryf: vandat Hy jou beplan het, toe jy nog ongebore was, al die seisoene van jou lewe, tot by die ewigheid wat wag. En Hy is met jou op jou pad. Hy hou sy hand na jou toe uit en sê: “Laat Ek saam met jou stap”. Ja, die Here is jou Vriend, jou Gespreksgenoot, jou Hulp. Moenie vandag met vrees leef nie. Leef met vrede, en met krag!

Dankie Here, dat U my ken – beter as wat ek ooit myself kan ken. Dankie dat U meer verantwoordelikheid vir my neem as wat ek self neem! Dankie dat U intens met my meeleef, dat U elke tree vir my vooruit trek en vir my sorg en help en lei. Met U kan ek leef, waarlik leef! Amen.

BEDINK VANDAG: God ken my.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luisterop ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Senderin jou Junk Mail Options.

© 2021 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8678548086?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –