4417 Alles wat asem het

6 Alles wat asem het, moet die HERE loof! Halleluja! Ps. 150:6 BDV

Die hele psalmboek eindig so: prys Jah, prys die HERE! Hoe gepas, want die psalms is in Hebreeus tehillim, “lofprysings”. In die psalms kom die hele menslike ervaring na vore: vrees en woede, onbegrip en frustrasie, smeking en berou, maar dan ook vreugde en dankbaarheid, oorgawe en aanbidding. Deur die op en die af loop daar egter een geloofstema: God moet geprys word! As dinge goed gaan, moet God geprys word; as dinge sleg gaan, moet Hy ook geprys word. God moet altyd geprys word, deur almal: “alles wat asem het”. Hy is altyd werd om geprys te word.

Lofprysing sal jou lewe verander, hoor! Lofprysing bring God op die toneel, al gaan dinge sleg. Lofprysing bou jou geloof. Dit bring jou in oorwinning. Dit bevestig dat God in beheer is, dat die vyand verslaan is. Bid dus maar jou hele hart, soos die psalms doen. Sê dit soos dit is. Eindig egter altyd met geloof, soos die psalms ook doen. Eindig altyd met lof, eindig met ‘n halleluja!

Here van my lof, U is altyd lofwaardig. My wisselende omstandighede en my wispelturige emosies mag U nie van u lof ontneem nie. Help my om altyd weer te loof, altyd te dank. Daar is altyd rede! Amen.

BEDINK VANDAG: Ek prys die Here altyd!

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2021 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8693185297?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –