4419 Kies geloof

10 Die beginpunt van wysheid is ontsag vir die HERE, en kennis van die Heilige is insig. Spr. 9:10 BDV

Daar is vandag ‘n algemene ongeloof in God. Die wetenskaplike en moderne mens glo dat hy God nie nodig het nie. Die Bybel is vir baie ‘n versameling mites; geloof is iets wat swak of onkundige mense as kruk gebruik. Moenie dat sulke opinies jou bedreig nie! Die wetenskap het geen bewys dat God nie kan bestaan nie, terwyl miljoene gelowiges weer God se bestaan as ‘n absolute realiteit beleef.

Daar is wel oortuigende rasionele argumente vir die bestaan van God, maar die Skrif is duidelik dat geloof die deur na Hom toe is – daar is geen ander pad nie. Die wetenskaplike sê “sien is glo”, maar die gelowige sê “glo is sien”. Ja, gelowiges vind God en ondervind God. Hulle vind in Hom ‘n werklikheid wat hulle lewe vul met sin en wysheid en vreugde. Onthou, uiteindelik is ongeloof ook ‘n geloof, ‘n tipe godsdiens, maar ‘n veel swakker een, in elke opsig! Kies gerus geloof!

Hemelse God, dis dwaas om nie te glo nie, dis wys om te glo. Help my om opreg in die wêreld te leef as ‘n gelowige, om my geloof in my woorde en dade te laat blyk en om ongelowiges werklik lief te hê en te seën. Ek weet dat ongelowiges na mý kyk, om U te sien. Maak my ‘n onweerlegbare getuie! Amen.

BEDINK VANDAG: Ongelowiges kyk na my om God te sien.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2021 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8698641490?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –