4425 Doen iets lekker

7 Gaan eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal jou dade goedgekeur. 8 Laat jou klere altyd wit wees, laat jou kop nie sonder reukolie wees nie. 9 Geniet die lewe saam met die vrou wat jy liefhet, al jou sinlose lewensdae wat Hy vir jou gegee het onder die son... Pred. 9:7-9a BDV

Prediker is ‘n swaarmoedige, maar belangrike boek. Dis goed dat die Bybel nie net vir ons ‘n mooiweer-geloof voorhou, waar almal lekker voel en vol geloof is nie. Die Bybel gee vir ons die hele spektrum van die lewe, want dis ons realiteit. Dis ook goed dat Prediker nie vir ons oppervlakkige kits-antwoorde aanbied nie, want dit sou kunsmatig wees. Nee, Prediker bied die harde werklikheid. Sy gevolgtrekking bly egter dat ons steeds op God moet vertrou en steeds wysheid en verantwoordelikheid moet nastreef. Dis immers beter as dwaasheid en roekeloosheid!

Nog ‘n gevolgtrekking vind ons in hierdie verse. “Geniet jou lewe”, sê hy. Eet lekker, trek mooi aan, vind die vreugde van die lewe. Ja, daar is steeds baie om te geniet, al is die lewe soms hard. Die Here ken jou; Hy gun jou dit. Ontspan dus vandag in Hom! Moenie met ‘n las loop nie, Hý het reeds jou las gedra. Vertrou Hom maar vir jou toekoms. Toe, moenie langer swaarmoedig wees nie – gaan doen iets lekker! 

Hemelse Vader, ek sit vandag my laste neer. Neem U dit! Ek wil vandag ontspan, ek wil geniet wat ek kan. Dankie dat U my deur en deur ken. Dankie dat U my liefhet en oor my glimlag. Dankie dat U in beheer is van my lewe, nie ek nie. Ek wil ‘n lewe leef vol vreugde en vrede, vol lag en vol lig. Amen!

BEDINK VANDAG: God wil hê ek moet vandag geniet!

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luisterop ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Senderin jou Junk Mail Options.

© 2021 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8744593683?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –