4427 Jy is mooi

[Hy] 15 O, hoe mooi is jy, my liefling, hoe mooi is jy! Jou oë is duiwe. [Sy] 16 O, hoe mooi is jy, my liefste, en aantreklik! Ons bed is groen loof. Hoogl. 1:15-16 BDV

Hooglied gaan oor die liefde. Oënskynlik oor die liefde tussen Salomo en ‘n Sulammitiese meisie, maar by implikasie ook oor elke man en vrou wat mekaar liefhet. Die punt wat ons vandag wil uitlig is dat minnaars oor en oor bevestig wat hulle aan mekaar mooi vind. Hier in Hooglied word dit in detail beskryf wat mens skaam kan maak! Dis mos hoe verliefdes is – “alles aan jou is perfek!”

Is dit nie jammer dat egpare dikwels hierdie eienskap verloor soos die huwelik aangaan nie? Onthou, ‘n verhouding word gebou deur kommunikasie, en ‘n intieme verhouding word gebou deur intieme kommunikasie. Net soos jy, leef jou maat ook vir ‘n kompliment, vir erkenning, vir ‘n opregte dankie. Hy of sy wil hê jy moet raaksien wat hulle doen. Dis belangrik dat ons mekaar elke dag sal komplimenteer, sal erken en valideer, dat ons vir mekaar opreg dankie sal sê. Sê tog wat jy aan jou maat waardeer, dis soos water in die woestyn!

Hemelse Vader, ek bid vir my maat en ek bid vir my huwelik. Help my om meer te gee, meer behoeftes te vervul, meer moeite te doen. Help ons om oor ons behoeftes te praat. Help ons om in ons verhouding ‘n nuwe dimensie te betree. Amen!

BEDINK VANDAG: Ek waardeer my maat.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2021 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8758802261?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –