4428 Jy is myne

[Sy] 16 My liefste is myne en ek is syne - hy wat tussen die narsings wei. Hoogl. 2:16 BDV

Hooglied gaan oor die liefde tussen ‘n man en ‘n vrou. In hierdie vers maak die vrou die volgende stelling, wat meer as een keer in Hooglied voorkom: “Hy is myne, ek is syne”. Daar bestaan ‘n eksklusiewe, een-tot-een band tussen haar en hom. Daardie wete skep vir haar veiligheid, vreugde en vrymoedigheid. In daardie wete kan sy haarself wees en haarself gee.

Onthou, verliefdheid duur maar enkele maande, maar ‘n huwelik is gemaak vir ‘n leeftyd. Dis beslis nie altyd maklik nie, maar as jy daardie belofte gemaak het, en die ring as teken daarvan dra, moet jy alles wat jy kan daarvoor gee. Dit sluit in dat julle verhouding absoluut eksklusief is. Rig dus ‘n heilige heining om jou huwelik op. As ‘n getroude moet jy ‘n sekere grens tussen jou en ander mans of vrouens handhaaf, wat jy nie mag kruis nie. Nie fisiek, emosioneel of in jou gesprek nie. Beskerm jou eggenoot en jou huwelik! Jy is syne, jy is hare – alleen.

Hemelse Vader, dankie vir my huwelik en dankie vir my maat. Help my om my huwelik heilig te hou, deur ons probleme nie na buite te bespreek nie, maar eerder onder mekaar aan te spreek. Amen.

BEDINK VANDAG: Huweliksprobleme word in die huwelik hanteer.

  • Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.
  • Jy kan ook na hierdie oordenking luister op ons Facebook-Blad, kliek hier
  • Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

© 2021 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

8766735492?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –