Forum 2.0

#9: SAAM MET GOD OP DIE BANK

Ja, die dae word geleidelik korter en geleidelik kom die herfs aan.  Hier in die Kaap is daar al 'n bruin blaar of wat aan die wingerde.  Ons is veral bly oor die hetige somerdae van Februarie, alhoewel Maart natuurlik steeds BAIE warm kan wees. In elk geval, ek het hierdie pragtige, geel herfstoneel gekry - 'n parkbankie iewers in Montreal, Kanada - en self iets bygeskryf om daarby te gaan.  Dit is 'n aantal affirmations oor gebed en dit skakel in by ons huidige vlagskipkursus oor gebed, VEELKLEURIGE KLEED.  Dit lyk soos volg - pragtig, nè?

Ek het dit weereens gemaak in twee weergawes.  Laai dit binne drie sekondes af vir jou rekenaar!

  • vir die standaard rekenaarskerms, probeer hierdie een (1280x1024): kliek hier
  • vir die breër skerms van o.a. laptops, probeer hierdie een (1366x768): kliek hier (of op die prent hierbo, dis die breë een)

Kliek net op die skakel hierbo, laat jou webblaaier (die program waarin jy nou is) dit oopmaak, regskliek daarop en Set as Desktop Wallpaper, so iets.  Hoop dit werk.  Anders dubbelkliek op die foto in jou webblaaier en laat jou Photo Manager of iets dit oopmaak, en regskliek daarvandaan en Set as Desktop Wallpaper dan.  Ek hoop een van die twee formate werk vir jou skerm.  Stel dit dat dit die hele ruimte vul - vra iemand as dit nie reg lyk nie...  maar wag, daar's 'n bonus!

As jy hier kliek, kry jy 'n A5-weergawe van net die bevestigings (op dieselfde agtergrond) - ideaal vir jou dagboek, joernaal (wel, dis wat ek daarmee gaan doen), maar seker ook great vir Facebook.  Dit lyk so:

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –