Forum 2.0

Antwoord op ...STILTETYD-SUKKEL

Vraag

Ek het werklik 'n probleem en wil dit so graag oorkom en dit is die hou van stiltetyd. Moet my nie verkeerd verstaan nie - dit is nie dat ek nie in oorgawe leef nie inteendeel, maar as dit kom by stiltetyd dan faal ek jammerlik. Het jy dalk raad ek voel skuldig en weet nie hoe om die probleem te hanteer nie.

Antwoord

Welkom by die geestelike lewe...!  Almal het maar dieselfde probleem.  Ek dink die geheim is:

 

1) om te besef dat ‘n persoonlike stiltetyd nie iets is waarop die Here ons veroordeel nie.  Dit is nie ‘n Bybelse wet nie (nie dat ons wetties leef nie), want die vermoë om “persoonlike Bybelstudie” te doen is maar 500 jaar oud, toe die boekdrukkuns ontwikkel is.  Voor dit het geeneen ‘n Bybel gehad nie.  Selfs Luther het die gelowiges voorgeskryf om soggens en saans te kniel, ‘n kruis te slaan en die Ons Vader en geloofsbelydenis op te sê.  Dit was maar dit! Ons het egter wel die vermoë (‘n groot voorreg) en ek dink dit gaan oor ‘n groei-geleentheid waarop ons uitmis – om God se stem te hoor in sy Woord en om jou hart met hom te deel in gebed.  Moet egter nie skuldig voel nie (dalk ‘n bietjie spyt) en moenie jouself veroordeel nie;

 

2) om dit aan te pas met wie jy is en wat jou lewe behels.  Eerstens moet jy jouself ken en  weet of jy ‘n studie- of leestipe mens is (nie almal is nie), of jy dalk eerder wil bid saam met worship musiek, ens.  Ons is nie dieselfde nie, en soos gesê, daar is nie iewers ‘n standaardvoorskrif nie.  Dan moet jy ‘n ‘n manier vind wat by jou pas.  Almal van ons bewonder die ouens wat al vir 10 jaar vyfuur soggens vir ‘n uur met die Here deurbring, maar almal kan eenvoudig nie.  Ek glo steeds soggens is die beste tyd (maar ek het nie kantoorure of ‘n baas nie, nè...) maar anders moet jy dink aan iets wat uniek vir jou gaan werk, bv.:

  • etenstye in jou kantoor of buite op ‘n bank,
  • in die bed voor jy gaan slaap
  • met die Here praat terwyl jy draf of fietsry (maar nie in die verkeer jou oë toemaak nie...)
  • op die trein werk toe (ek dink hier aan ‘n dagstukkie lees – sal seker sukkel as jy Bybellees en dan nog hardop bid ook)
  • sommige maak die meeste van hul dagstukkie (sommige skryf vir my dat Padlangs hulle stiltetyd is, punt) en kan dan Saterdag-middae (of dalk vroeg-oggend as almal slaap) of Sondagmiddae (of saans as die kinders koshuis toe is...) ‘n uur neem en lekker lees en bid en iets neerskryf.

Die punt is net dat dit iets is wat by jou lewenstyl moet inpas en aanpas. 

 

Iewers moet mens seker bevestig dat dit wel ‘n offer is en wel ‘n prys iewers gaan vra en ‘n nee vir ander goed gaan behels.  Almal het ewe veel tyd gekry, nl. 24 uur per dag – it all depends on how you slice the pie.

 

Sterkte – maak dit ‘n lus, nie ‘n las nie, ‘n plesier nie ‘n plig nie, ‘n vreugde nie ‘n swaar verantwoordelikheid nie.

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –

Replies

  • U antwoord op die vraag help my meer as wat U kan indink. Ek worstel baie om in 'roetine' te kom om Bybelstudie te doen of getrou daagliks my dagstukkie boek deur te werk. Ons probeer daarby uitkom, hou daarby so week of wat & dan vat dinge net skielik daardie tyd weer op. Ek voel al so skuldig. Maar U antwoord het my laat besef die 'roetine' wat ek reeds het om elke oggend oppad werk toe met God te gesels in my kar net sommer oor enige iets & dan my Padlangs dagstukkie te lees as my 1ste e-pos by die werk vul reeds daardie stiltetyd wat ek heeltyd gevoel het ek nie doen nie.

    • Dankie Klara - so bly dit kon vir jou iets beteken.. seen!

  • Goeiemôre

    Baie dankie vir hierdie stukkie wysheid oor stiltetyd.  Dit haal 'n groot skuldlas van my skouers af.  Nou kan ek stiltetyd met groot vreugde doen! Dankie ook vir elke dagstukkie, daar is elke dag iets wat ek in my dagboek kan aanteken en heel dag daaraan kan herkou. Ek is opgewonde oor hierdie jaar se tema - WYSHEID.  Baie sterkte en seën met die skryf van elke stukkie.

    Alida Pelser

    • Dankie Alida - baie seen!

This reply was deleted.