Dag #1: Moenie vrees nie

Ons verkeer in buitengewone omstandighede. Ons sal dus van Vrydag af ons normale reeks oordenkings onderbreek en 21 spesiale oordenkings uitstuur - vir elke dag van die Nasionale Inperking. Die doel is om ons te bemoedig en te versterk in hierdie tyd, asook om God se plan en wil te soek. Stuur dit gerus aan jou vriende!

21 INSPUITINGS VIR JOU GELOOF
Nasionale Inperking Dag #1 – Vrydag 27 Maart 2020

Moenie vrees nie

Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie. Mat. 14:27 OAV

Binne drie maande het ‘n vreemde griep uit die verre China die hele wêreld se werklikheid geword. Die stappe wat die regering doen om dit te bekamp is ongekend. Byeenkomste is opgehef, grense is gesluit, die weermag is ontplooi. Van vandag af word die hele land tot hulle huise beperk. Niemand van ons het al ooit so iets beleef nie! Ons voel oorweldig, onseker, vreesagtig. Dis te verstane. Ons weet immers nie wat die effek van COVID19 op ons gesondheid, inkomste, gesinne of land sal wees nie.

Wanneer God in die Bybel aan mense verskyn het, was sy eerste woorde gewoonlik: “Moenie vrees nie!” Onthou, God se hart is die van ‘n Vader. As ‘n pa besef dat sy kinders beangs voel, is dit vir Hom belangrik om hulle gerus te stel: “Moenie bang wees nie. Alles is reg.” Dis wat jou Vader vandag ook vir jou sê! Onthou, jy is net so veilig in sy hand soos altyd. Hý bepaal jou toekoms, nie ‘n virus of ‘n siekte nie! Bring jou hart dus tot bedaring. Word stil. Bid eerder meer. Gebruik hierdie tyd om te groei en te leer. Daar is so baie lesse! Dít is die doel van hierdie kort reeks.

Almagtige Here, ek vertrou U in alle omstandighede. Ek sal nie vrees nie! Ek sal sterk wees, in Jesus’ Naam! Amen.

• Bid daagliks hierdie gebed saam met ons in hierdie tyd: http://jimileroux.com/…/topics/daaglikse-gebed-teen-covid-19
• Skryf op ons webruimte in vir DAAGLIKSE STILTE as vroegoggend e-pos
• © 2020 | www.jimileroux.com | Alle regte voorbehou

4231714127?profile=RESIZE_180x180

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –