Forum 2.0

Die Heilige Gees

 

Sonder die Heilige Gees kan ons nie geestelik leef nie.

Die Heilige Gees gaan oor die Persoon en die werk van die Heilige Gees. Sonder die Heilige Gees kan ons nie kinders van God wees nie, en kan ons nie 'n geestelike lewe lei nie. Hy - God die Gees - kom doen dit in ons, en ons taak is om ons aan Hom oor te gee. Die ideale doel van die geestelike lewe is 'n lewe waarin die Gees alles is, en ek niks. Die Heilige Gees as tema is soms kontroversieel, en daarom is ons aanbieding baie neutraal. Ons klem is op die Bybel se lering oor die Gees en ons bespreek sy werk en gawes in besonderhede - sien die temas hieronder. Leer meer en groei in die dinge van die Gees! Die kursus is nou nuut en vars uitgelê. Die temas wat ons oor 21 weke deurwerk is soos volg:

Inhoud

1) Deel Een (7 weke) - Die Heilige Gees is... God in ons, die Gees openbaar God, herskep ons, lei ons, bekragtig ons, vervul ons en maak ons heilig;
2) Deel Twee (7 weke) - Die gawes van die Gees.... Wat is gawes, Bybelse gawes, die Liggaam, ontdek gawes, ontvang gawes, bedien met gawes en ervaar die Heilige Gees;
3) Deel Drie (7 weke) - Heilige Gees temas... Ons doen spesifiek die gawe van tale, staan 'n paar weke stil by die gawe van profesie, doen die gawe van genesing en kyk dan na die geestelike stryd.

Ons sluit die kursus af deur 'n studie oor die salwing van die Heilige Gees. Die kursus is, soos die ander, Bybelstudies maar het ook die potensiaal om dit te preek of in kleingroepe aan te bied.

Laai die eerste dele hier af:

HG20 - Voorblad

HG21 - Die Gees is God

 

Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier

 


Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek.

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30