Forum 2.0

Geesplan

Geesplan

Geestelike begeleiding is ‘n proses waarin jy jou geestelike lewe met ‘n mentor deel. Dis geweldig waardevol om van tyd tot tyd, of gereeld (oor ‘n tyd heen), met ‘n geestelike begeleier te gesels oor dit wat in jou lewe en geestelike lewe gebeur. Die begeleier luister begrypend na jou, asook na die stem van die Heilige Gees in sy hart, sodat julle deur ‘n gesprek kan onderskei waarmee die Here besig is en kan bid oor die rigting waarin jy kan groei. Geesplan is ‘n program wat die tipiese elemente van geestelike begeleiding saamvat in ‘n formaat wat self deurgewerk kan word. Geesplan is:

1) Persoonlik – daar is nie net een geestelike trajek vir almal nie, omdat ons almal verskil. Geesplan werk met wie jy is en waar jy nou is. Nogtans kyk dit ook na jou hele lewe, na die groot prent.

2) PraktiesGeesplan gaan nie te diep nie, maar fokus eerder op dit wat werkbaar en prakties is. Dit gaan oor insig en dan toepassing.

3) Geestelik – die doel is om voor die Here te gaan sit met jou lewe en met sý wil in lyn te kom. Ons gebruik onderskeiding, gebed en geestelike dissiplines daarvoor. Dit gaan oor ons groei, ons transformasie, en in daardie sin is dit diep geestelik.

 

Geesplan kan op twee maniere gevolg word: 

  • Gewone opsie - teen die gewone bydrae (tans R150 pm) word die materiaal weekliks bekom en self deurgwerk, wat opsigself baie waardevol is. Hierdie opsie is soos ons kursusse gewoonlik werk.
  • Begeleide oposie - teen 'n ekstra bedrag (tans R150) word addisionele huiswerk verskaf om die materiaal te verpersoonlik. Die werk kan terug gestuur word vir kommentaar, wat 'n begeleidingsverhouding skep - die werklike waardetoevoeging van alle coaching. Oorweeg dit gerus en laat ons weet as jy wil opgradeer.

Geesplan sal oor die volgende 15 weke nuwe insigte, nuwe sin, nuwe doel en nuwe krag in jou geestelike lewe bring!

Kyk gerus na die video hieronder, waarin ek dit 'n bietjie meer uiteensit.

Vir meer inligting, die inhoudsopgawe en die eerste gratis deel, kliek die volgende PDF skakels:

GP#0 GP#0 Voorblad en Inhoud.pdf

GP#1 GP#1 Geestelike begeleiding.pdf

 

 

Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –