Forum 2.0

Geestelike Vorming


Geestelike vorming is wat God in ons doen - deur die Heilige Gees - om ons tot die beeld van Jesus Christus te verander.  Dit is die definisie van geestelike vorming!  Ons stel onsself net oop vir sy werk in ons, ons gee vir Hom al die ruimte in ons lewe. Wat Hy begin het, sal Hy voltooi.

Geestelike Vorming is ons BASIESE KURSUS.

Hierdie kursus deel oor die basiese van volgelingskap en die basiese van die geloof.  Dit is egter nie 'n oppervlakkige kursus nie - elke deel gaan dadelik na die diepte van die saak toe.  Ek dink elke kind van God moet so 'n program deeglik deurgaan om sterk te kan word as volgeling.  'n Hele paar honderd mense het hierdie kursus al by Padlangs gedoen!

Ons fokus vir 40 weke (dit is dus 'n jaar van dieper gaan) op die temas van volgelingskap van Jesus. Elke deel vertrek met 'n uitspraak van Jesus. Ons begin met Jesus se uitnodiging aan ons om Hom te volg en leer dan weekliks by die Meester self (ons lees net uit die evangelies) oor wat Hy van ons verwag. Ons stel onsself bloot aan Jesus se leer en lewe en laat ons deur geestelike oefeninge vorm en verander. Die klem is op praktyke, nie net inligting nie. Kom ervaar saam met ons hoe jou lewe verdiep! 

Welkom by die opwindendste reis!

Laai hier die eerste dele GRATIS af!

GV3#0 - Voorblad en Inhoud

GV3#1 - Verhouding met God

GV3#2Transformasie

GV3#3Woord

GV3#4 - Luister

   

Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier

 


Ons kursus word nou nuut oorgewerk. Kyk gerus deur die eerste dele deur op die grafika hieronder te kliek.

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –