Forum 2.0

Is dit nie baie selfbehep nie? Is dit nie beter om die PADLANGS Bediening as 'n aparte ministry te bou nie? Ons het tog eers 'n www.padlangs.co.za webruimte gehad? Ek het lank nagedink... Nogtans is dit beter, om minstens twee redes:

1) 'N VERHOUDING
Ek wil 'n persoonlike verhouding bou met mense. Die medium van die internet is baie onpersoonlik. Mense moenie net vir 'n onpersoonlike "diens" inskryf nie; nee, ek wil hulle (persoonlik) bedien. Daar moet 'n verhouding tot stand kom. Ek deel eerder met mense, nie net met dagstukkies nie. En my bediening (selfs op die internet) is meer as PADLANGS. Ek wil dit juis groei op die ander terreine as die dagstukkies. Die internetbediening is my "gemeente" en ek is baie persoonlik betrokke. Dit is deel van my roeping. Ek hoop ek het oorgedra dat hierdie ek is, my bediening deur God se genade, nie net 'n diens nie.  Ek aan hierdie kant en jy aan daardie kant - 'n verhouding....

2) HERKENBAARHEID
Om jou naam as webruimte te gebruik is die maklikste om te onthou en dit gaan net meer en meer toeneem. Jy gaan self oor 'n paar jaar jou eie webruimte hê! Dit is niks meer selfbehep as om jou naam op jou deur of jou visitekaartjie te sit nie. Dit sê maar net dis jy!  Ons Engelse dagstukkies is ook bekend as BY THE WAY, en Engelse mense sal moeilik na 'n "PADLANGS" webruimte kan gaan - liewe land, what does it mean?

3) PADLANGS AS HANDELSMERK
Ek het so 'n paar jaar gelede aansoek gedoen om PADLANGS as handelsmerk te gebruik en volgens my was dit toegestaan. Die naam was amptelik beskikbaar en alles. Dit blyk egter nou dat die naam aan iemand anders gegee is (na ons aansoek)!  Ek was in 'n briefwisseling betrokke om dit te probeer uitsorteer,maar die feit is dat PADLANGS nie ons handelsmerk is nie. Ons gaan voort om dit te gebruik, maar dit is moontlik dat ons vorentoe daarvan moet afstand doen (en dan word dit dalk PADKOS!) Ons kon egter nie 'n nuwe webwerf rondom die naam bou nie.  Terloops, die Padlangs webruimte bestaan nog, maar redirect reguit na hierdie een.

Beste gewees om maar 'n jimileroux.com te ontwikkel...

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –