Forum 2.0

Jesus se Gelykenisse

As Jesus iets oor die koninkryk wil verduidelik, vertel Hy liefs 'n gelykenis.  In Jesus se gelykenisse lees ons Jesus se hart.  Soos wat die karakters in sy gelykenisse optree, so tree God op, so voel Jesus, so doen ons...  die gelykenisse maak sy lering duidelik en dodelik prakties.

Vir 24 weke sal ons ELKEEN van Jesus se gelykenisse deurwerk.  Ons sal dit lees in een of meer vertalings, dit verduidelik in die lig van die Bybelse tyd en dan toepassings maak.  Daaruit sal ons sien wat die hooftemas van Jesus se lering is, die gedagtes waaroor Jesus passievol is!  Gaan saam met ons op hierdie opwindende reis en leer Jesus ken op 'n heeltemal nuwe manier.  Word weer lief vir die Een wat die wêreld andersom bekyk - van Bo af - en dit onderstebo keer!

Met hierdie kursus verander ons ons formaat 'n bietjie:

  • dit bly volkleur - en doen tog moeite om dit volkeur uit te druk, voor en agter die blad (gedraai op die short edge) met die regte kantlyne - as jy kan!  Dis so mooi...
  • ons gaan na A5 (toegevou) toe, sodat ons dit in ons Bybel kan bêre, en met ons Bybelstudie kan saamlees (en in die kleingroep en kerk vir ander mense kan wys, nie waar nie :-) )
  • ons tema is kruie, speserye, medisinale of welriekende plante - ons moet tog 'n tema hê...

As jy 'n vennoot van Padlangs is en jou kursus by ons nou geeïndig het, sal Jesus se Gelykenisse aan jou aangebied word.  Indien nie, oorweeg om 'n venoot te word - kry elke week 'n interessante en praktiese kursusdeel!

Laai hieronder die eerste dele gratis af:

JG#0 - Voorblad en Inhoud

JG#1 - Wat is 'n gelykenis

 

Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier


Kyk gerus deur die eerste deel deur op die grafika hieronder te kliek.

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –