Forum 2.0

Kommentaar 7 - 2012

Ons het weer deur 2012 se terugvoering gegaan en hierdie uittreksels opgestel.  Die jaar se getuienisse is hieronder aangeheg. Nou al altesaam oor die 1600!

HOEKOM BÊRE ONS HIERDIE TERUGVOER?  LEES ASB. HIER.

Dis lekker om hierdeur te lees, nie om die ego te streel nie - ego's wil altyd gestreel word, maar dis nie so goed vir hulle nie - maar om te sê "Dankie Here, dat ons bediening nog in mense se harte inslag vind - dankie vir die voorreg en genade van instrument-wees".  Onthou, in ons tipe organisasie is die kwalitatiewe terugvoer (die stories) net so belangrik as die kwantitatiewe (die grafieke en tabelle), of dalk nog belangriker.  As jy vir die Here werk, gaan dit dikwels nie oor die baie nie, maar oor die een.  Jesus het in sy lewe net 12 mense se lewens radikaal verander, terwyl Hy ook tientalle of honderde ge-bless het met genesing en duisende met sy lering.  Daardie 12 het dit weer gaan vermenigvuldig in die vroeë gemeentes in, en so het Die Boodskap versprei tot die 2.3 biljoen Christene vandag (en die biljoene deur die geskiedenis).  Elkeen van hierdie stories is waardevol...

Kliek hier: Padlangs Getuienisse 7

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.