Forum 2.0

Kommentaar 8 - 2013

My "sekretaresse" (d.w.s. my dogter) het weer die jaar se terugvoerbriefies bewerk in een dokument en ek het daardeur gegaan en uitgesny wat dalk bietjie dupliserend was of wat nie baie sê nie - skuus mense - en dit hier kom opplak.  Daar is dus al meer as 1800 briefies en as ek soms so wonder wat ek doen, kyk ek hierna en sê: Nee, ons het 'n verskil gemaak aan HIERDIE MENSE se dag. Dit gaan nie oor ydelheid of hoogmoed nie vriend, dit gaan oor motivering, oor oorlewing in die bediening...  Daar is groot bedieninge wat wonderlike werk doen - so waar kom ons in die prentjie?  Ek sien dan deur God se genade maak ons wel 'n verskil aan mense se dag en lewe.

Jy ken mos die verhaal...  'n Man het op 'n verlate strand gestap en gesien hoe duisende seesterre uitgespoel lê, aan die doodgaan...  Hy het toe 'n enkele man teëgekom wat een na die ander seester teruggooi die see in.  "Jy kan mos onmoontlik al hierdie seesterre red", het die eerste man vir die tweede een gevra.  "Ek het hierdie een gered", het die man gesê en 'n seester diep die see ingegooi...  Dit gaan maar oor die enkele seesterre wat jy so padlangs teëkom.  God is die een wat red, maar Hy gebruik ons - watter voorreg!

Kliek hier: Padlangs Getuienisse 8

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.