|
In die middel van April en die middel van die inperking! Wel, min of meer. Ons het gedink dit gaan oor wees, maar dit was toe nie – en ons is steeds onseker of die inperking op 30 April gaan eindig. Ek glo egter wel so, omdat die ekonomiese skade andersins te groot sou wees en omdat ek nie veel langer van die lockdown sou kon verduur nie! Kom ons hoop en bid... Van die inperking gepraat...
I grew up in the Christian Reformed Church but didn’t get saved until I was 30. I got saved as a direct result of reading Evidence That Demands a Verdict by Josh McDowell. My grandparents came from the Netherlands, and I have relatives in South Africa. I am married with one child - a nine-year-old son. I am a lawyer and accountant currently living in California. I visited South Africa in 1993-1994 for almost a year. I want to become fluent in Afrikaans, so I read Afrikaans material online, including Christian Afrikaans material. I found several online daily devotionals in Afrikaans, and I liked Padlangs, so I began reading it on a regular basis. Ten slotte Dan sluit ons af met die volgende belangrike punte: 1. Die “21 Inspuitings” is baie goed ontvang en wyd aangestuur. Verskeie mense het dit sommer vir hele lyste vriende aangestuur. Hier en daar wou van die ontvangers dit egter nie noodwendig hê nie, en het dan onderaan die dagstukkie unsubscribe – of dit as spam gemerk – wat dan vir jóú van ons lys afteken. Ons advies is altyd dit: dankie dat jy ons oordenkings aanstuur, maar forward dit asb. “wyslik”, aan diegene wat dit wil hê. As jy twyfel, vra maar eers. 2. Ek oorweeg dit om ‘n Bybelklas per internet aan te bied, so een aand van die week. Dit sal niks meer kos nie, maar ons kan dan deur die materiaal gesels en vrae antwoord. Ons kan dit op Facebook, Skype of Zoom doen (sal nog besluit), dis eintlik heel maklik. Ons moet egter eers bepaal of daar ‘n behoefte is. Ons kan bv. Openbaring deurwerk aan die hand van ons Openbaring-kursus, of – as ons kans sien – deur die hele Bybel werk (oor ‘n jaar) aan die hand van “Deur die Woord”. Laat gerus weet as jy moontlik sou belangstel! Baie seën! Jimi en Maryke |
Replies