Forum 2.0

Langs die Pad Februarie 2019


 

Hallo vriend – dis middel Februarie en dis warm! Groot dele van die land kry goeie reën – so dankbaar vir julle – maar in die Kaap is dit natuurlik nie reënseisoen en in baie dele is dit bitter droog. Ons moet noodwendig aanpas by ‘n droër klimaat en ook alles doen om te keer dat dit veel erger word! Kyk tog na GroenGeestelik (kliek hier). In elk geval, klaar met die weer, nou net ‘n paar nuushooftrekke en ‘n advertensie of twee...

Nuwe skermprent

Eerstens die blye nuus dat daar weer ‘n mooi skermprent beskikbaar is. Dis ‘n herfstoneel (mens verlang al na die koeler dae) en kan in ‘n japtrap afgelaai word vir jou rekenaarskerm – kliek hier. Dis die een hierbo - mooi, né?

Einde van die reis

Jy het dalk agtergekom dat ons reeks dagstukkies nou begin ernstig raak. Ons oordenkings is in elk geval vaste spys, maar ons reis van dissipelskap kom binnekort tot ‘n einde. Nog net enkele weke, dan is ons klaar met “Volg My”. Alle kursusse oor dissipelskap eindig slegs op een plek, en dit is by die kruis. Ja, uiteindelik is dissipelskap om my eie lewe vir Syne te verruil – "volle oorgawe". Ja, dis diep temas en uitdagend in ‘n wêreld wat om ONS en ons behoeftes draai. Ek hoop jy kan hierdie laaste weke erns maak daarmee. Kliek hier om meer oor hierdie reeks te lees, wat gebaseer is op ons mees populêre kursus.

 

 Dan net enkele kleiner items

  • Padlangs Bediening word deur sy lesers gedra. Van ons kant weer, wil ons vir bydraers dankie sê vir hulle ondersteuning deur vir hulle ‘n weeklikse kursusdeel te stuur. Dis maar soos ons kursusse werk. Daar is ‘n bietjie reëls betrokke – kliek hier vir meer inligting – maar op die wyse sorg die Here all vir ons vir byna tien jaar. Is dit nie wonderlik nie?
  • Ek het fantastiese nuus gehad van Sua by CUM, naamlik dat ons nuutste boek, Hou vas aan die Hoop (oor die Psalms) in Duits vertaal gaan word. Dit was op die Frankfurtse Boekeskou en ‘n uitgewer daar het dit opgetel. Watter voorreg! Lees gerus meer oor hierdie boek: kliek hier. Ek sê steeds ek sal nooit iets beter kan skryf nie!
  • Ons huidige "vlagskip"-kursus, Leef deur die Gees, doen baie goed. Dit behels tans ‘n kort “profetiese kursus”. Geïnteresseerd? Kliek hier om meer hieroor te lees.
  • Onthou tog dat jy ook na ons oordenkings kan luister op WhatsApp. Kliek hier om uit te vind hoe om in te skryf.

Nou ja, dis genoeg. DANKIE dat ons die geestelike pad saam mag stap! DANKIE dat ons inspraak mag hê in jou lewe en DANKIE vir elke gebed en briefie, en elke bydrae wat so getrou inkom. Elke maand prys ons die Here opnuut vir sy goedheid.

Mag HY jou ook ryklik seën - laat weet hoe dit gaan!

Jimi en Maryke

 
 

 

 

 
 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –