Langs die Pad Februarie 2021

Hallo daar! Gaan dit goed? Is jy gesond, veilig, versorg? Ek bid dat dit so is! Ek het hierdie maand 'n paar dinge op die hart en wil dus sommer wegval...

Nuwe skermprent
8538650085?profile=RESIZE_710xOns maak 'n paar keer per jaar 'n "skermprent" ('n rekenaar wallpaper). Hierdie een (hier langsaan) het vir my ryk, warm kleure en 'n intensiteit wat my aandag getrek het. Laai dit gerus self, binne sekondes, op jou rekenaar se skerm af. Kliek hier. Ons skermprente is ook 'n manier waarop ons ons bediening bekend maak. Deel dit gerus met ander!

By the Way gradeer op8538652859?profile=RESIZE_180x180
Ons is besig om die Engelse weergawe van ons oordenkings, BY THE WAY, op te gradeer. Die adreslys is gesuiwer en op 'n nuwe uitstuur-platform geplaas, wat ons in staat stel om mooier oordenkings uit te stuur. Het jy geweet dat ons Engelse boeke meer populêr is as ons Afrikaanse boeke? Ja, BY THE WAY is in boekvorm beskikbaar tot in die VSA en die UK! Die meerderheid lesers van BY THE WAY is in Amerika, gevolg deur Engelse lesers in Suid-Afrika. Ons vertalings word deeglik nagesien en is op 'n hoë standaard. Ons maak BY THE WAY nou weer nuut bekend op Facebook, maar as jy jou Engelse familie en vriende daaraan bekend sal stel, sal dit baie waardeer word. Baie dankie!

  • Skryf in op BY THE WAY - kliek hier
  • CUM se spesiale aanbod op Hold on to Hope, 'n pragtige boek met Engelse oordenkings uit die Psalms, is ongelukkig oor, maar dit kan steeds teen die gewone prys bestel word: kliek hier

Ander nuus
1. Woensdag, 17 Februarie, is "Aswoensdag", wanneer Lydenstyd (Lent) begin. Ek neem ook elke jaar deel aan die Vas (kliek hier om meer daaroor te lees), wat vir my telkens groot betekenis inhou. Op Facebook sal ons daagliks - vir die 40 dae tot by Paasfees - 'n Lydenstyd-gedagte deel. Follow gerus ons Facebook-blad, dan kan jy ook hierdie reis meemaak.
2. Ons prys die Here elke maand vir sy voorsiening! Deur die hele inperking, en die insinking wat dit meegebring het, kon ons steeds ons verpligtinge nakom. Ons inkomste het egter wel afgeneem, wat ons noop om net weer te noem dat ons in 'n geloofsbediening staan. Die wyse waarop die meeste ons bediening ondersteun, is deur een van ons praktiese geestelike kursusse te bestel. Op die manier vra ons nie net nie, maar gee ook. Jou ondersteuning word baie waardeer!

 Baie dankie! Dis altyd vir ons 'n voorreg en 'n seën om die geestelike pad saam met jou te stap.

Mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –