Hallo weereens! Dis lente, maar September is op baie plekke meer soos-die-winter as soos-die-somer. Met ander woorde, koud! Ek sien wel die Hoëveld het nou warm weer gehad. Niemand kan egter die somer keer nie, of jóú somer nie, né? Ons nuwe reeks! Soos julle weet, is ons reeks dagstukkies, "Naam bo alle name", nou klaar. Ons het letterlik deur honderde name, titels en beelde van God in die Bybel gewerk. Ek het dit baie geniet en so het baie van ons lesers. As die Here wil, kan hierdie reeks ook as 'n boek uitgegee word. Nou - op 1 Oktober - begin ons met 'n nuwe reeks, "Wesenlike Woord." Ons gaan deur die Bybel se mooiste, bekendste en belangrikste verse werk, van Genesis tot Openbaring! Gebruik asb. die advertensies wat ons vir 'n paar dae sal uitstuur om jou vriende of kennisse uit te nooi op hierdie reis. Vir meer besonderhede oor ons benadering en bedoeling, kliek hier. |
Ons het nou vir drie maande in 'n aanlyn-klas deur Openbaring gewerk. Daar is nog net twee lesse oor. Dit was nou werklik lekker! Vir die meeste studente was dit inderdaad 'n "openbaring" soos hierdie geheimenisvolle boek vir hulle oopgeval het. Onthou, jy kan op jou eie hierdie kursus doen. Daar is 19 hoofstukke met 'n video by elk. Kliek hier vir meer besonderhede.
|
Ander Dan nog die volgende kort nuus:
Ai, ek is self ook lus vir retreat hou, iewers in die Kaap. 'n Tyd om te reconnect met die Here, jouself en jou doelwitte. 'n Paar sinvolle dae op 'n mooi plek, met baie geleentheid vir stil word. Laat weet as jy belangstel! Dis egter genoeg vir nou. Dankie dat ons die geestelike pad saam mag stap. Mag die Here jou ryklik seën! Jimi en Maryke |
Replies