Forum 2.0

Leef met 'n Lied 2016-2017

LEEF MET 'N LIED is ons nuwe reeks oor die Psalms wat op 28 Maart 2016 afskop en nog in 2017 ook uitgestuur sal word.  Ons het baie jare gelede met "Padlangs deur die Psalms" deur die hele Psalmbundel gewerk, maar hierdie reeks is heeltemal nuut.  Onthou, 'n dagstukkie is nie noodwendig 'n afskeep-ding nie. Dit is 'n 'verpakte stiltetyd', wat baie mense help om sinvol deur die Bybel te werk, om te bid en om geestelik te leef.  Dis die naasbeste ding aan 'n "tradisionele", persoonlike, daaglikse stiltetyd.

Ek wou ná ons kuier in Johannes eers weer na die Ou Testament terugkeer en die Psalms is ideale materiaal vir daaglikse oordenkings! Ek het dus 365 temas uit die Psalmbundel uitgekies vir ons nuwe reeks.  LEEF MET 'N LIED sal die volgende eienskappe hê:

  • Die Psalms is ideale oordenkings, want dit gaan oor die gewone lewe in al sy stryd, oorwinning en emosie, soos dit geleef word in 'n persoonlike verhouding met God.  Dit is wel die Ou Testament, maar ons lees die Ou Testament deur die bril van die Nuwe Testament en sien Christus oral. Christene gebruik die psalms met groot vrug, want dis poësie: gedigte, gebede en liedere oor die lewe - en oor die geestelike lewe.
  • Soos altyd soek ons die balans tussen diepte en praktyk.  Ons wil nie net 'n mooi waarheid bedink nie, maar weet hoe om VANDAG daardie waarheid te gaan leef. Dit moet verstaanbaar en duidelik wees,  maar nie oppervlakkig nie.  Daar is genoeg suikerpille op die internet. Padlangs oordenkings is egte stiltetyd, egte Bybelstudie.
  • Ons dagstukkies se vorm gaan bietjie verander. Die oordenking gaan bietjie korter word (rondom 160 woorde), maar die Skrifgedeelte en die gebed gaan uitgebrei word.  Daar sal weer 'n doen-deel bykom, asook 'n leesafbakening.  Die doel hiermee is enersyds om ons dagstukkies so mooi as moontlik te maak (dit dra by tot geestelike belewenis, hoor), maar ook om 'n behoorlike stiltetyd-ervaring te skep.  Afhangende van die tyd beskikbaar kan dit of maar deurgelees word, of dit kan ook 'n volledige Bybelstudie- en gebedstyd word.
  • Ekstra artikels sal beskikbaar wees, bv. hoe om 'n stiltetyd te hou en dan ook agtergrond by die Psalmboek.

Skryf gerus in vir ons nuwe reeks, LEEF MET 'N LIED!  Begin jou dag op die regte manier - met die Here!  Dit is vyf minute wat jou dag kan verander...  Kliek op die onderstaande geel skakel (of hier) om gratis in te skryf. Teken te enige tyd weer af.

 

Vir meer inligting oor ons dagstukkies: kliek hier

Hierdie oordenkings is ook in Engels beskikbaar: kliek hier

Laai die meegaande artikels vir Leef met 'n Lied hieronder af:

1. Kliek op die groen skakels hieronder - of hier: Artikel 1Artikel 2 | Artikel 3 | Artikel 4 | Artikel 5

2. Mettertyd sal al vyf artikels beskikbaar wees.

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30