Forum 2.0

 

(1) Vind 'n oomblik van stilte

PADLANGS gaan baie vroeg uit - afhangende waar jy in die wêreld is - maar in Suid-Afrika kan jy dit voor werk by die huis lees, of by die werk jou dag daarmee begin. Dalk kan jy die deur toetrek, of andersins 'n stil oomblik beleef.  Gaan intensioneel daarmee om.

(2) Lees die Woord

Ons beweeg stelselmatig deur die Woord. As jy dus kan (baie mense lees PADLANGS by die werk), sal dit goed wees as jy die gekose gedeelte self in die Woord lees. Dis nooit lank nie. Vir die doel kan jy 'n Bybel by die werk hou. Dit is altyd God se Woord wat met ons praat, nooit iets anders nie. Die oordenking vloei uit die Woord uit.

(3) Lees die oordenking

Een gedagte wat in daardie stukkie Woord voorkom, word uitgelig en bietjie bespreek. Die bedoeling is dat dit kort, kragtig, eenvoudig en prakties sal wees. Fokus daarop - dis net een paragraaf lank.  Lees met meer as net jou oë - laat jou hart dit ook inneem. Vra: "hoe raak dit my?

(4) Bid saam

'n Enkele reël gebed word in elk geval gegee as 'n reaksie op die Woord. As jy nie anders kan nie (vanweë jou omstandighede), sê net "Amen" in jou hart daarop. Of laat die gebed jou in jou eie, langer, gebed inlei.  Praat met God daar waar jy voor die rekenaar sit.

 

(5) Gaan doen

Die dagstukkie het ook 'n DOEN-gedeelte.  Dit is of (1) die praktyk van die oordenking, of (2) verdere nadenke of skryfwerk vir jou joernaal - skaf gerus een aan - of (3) bedoel as ekstra inligting.  As jy hiermee dinge regtig doen, het jy inderdaad 'n aktiewe persoonlike, geestelike lewe.

Geniet Padlangs! Ten slotte nog twee dinge:

 

(6) Skryf gerus aan my 'n nota

Ja, neem vrymoedigheid en druk Reply met jou kommentaar, vraag of versoek.  Ek antwoord alle briefies, so ver as moontlik, al neem dit soms 'n dag of wat...

 

(7) Stuur Padlangs aan

Stuur gerus Padlangs aan, maar wees wys.  Moenie Forward druk as dit nie welkom gaan wees nie.  Die persoon mag die unsubscribe-skakel (onderaan elke dagstukkie) druk en dan is jy afgeteken!  Of erger, hy mag ons dagstukkies as spam aanmeld.  Dit gebeur egter nie baie nie - stuur dit gerus aan, en maak van die Forward to a friend-skakel onder elke dagstukkie gebruik as jy nie heeltemal seker is nie, of skryf 'n notatjie by.

Stel ons asb. dadelik op as Safe Sender, om te verseker dat jy Padlangs bly ontvang.  In Outlook kan jy na "Actions" gaan, en daarna na "Junk E-mail". Voeg ons afsender-adres by die Safe Sender-lys. As jy jou dagstukkie oopgemaak het, behoort Outlook ook vir jou die keuse bo-aan die menu te gee om dit as Safe Sender te stel.  Dis die maklikste.  Verder kan jy ons afsend-adres in jou kontaklys sit - dit verhoed ook dat posfilters ons pos blokkeer.

Laat ons asb. dadelik weet as jy dit nie meer kry nie!

Terug na die Padlangs-inligtingsblad

 

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.