Forum 2.0

Maandelikse Nuus Februarie 2018

 

Net 'n kort woordjie so hier in die middel van Februarie. Teen hierdie tyd is die Nuwejaarsvoornemens nou al vergete - maar druk deur, hoekom nie - en het die jaar sy loop geneem. Net die volgende dan:

Welkom, nuwe lede!

Daar is heelwat nuwe lede wat aan die begin van die jaar aangesluit het en AAN ELKEEN VAN JULLE 'N GROOT WELKOM! Dis 'n voorreg om die geestelike pad saam met jou te mag stap! Ons bid ook graag saam met jou. Onthou, as jy meer wil verstaan oor ons huidige reeks oordenkings, die dissipelskapsprogram VOLG MY, kan jy hier kliek. Ek wil egter twee spesifieke dinge aanroer:

1. Deel gerus ons oordenkings met ander mense. Ons wil altyd ons lys uitbrei – dankie! Forward dus waar jy dink iemand ons boodskap sal waardeer. Wees egter seker om nie aan mense te stuur wat dit nie wil hê nie. Hulle mag dalk vir JOU unsubscribe deur net onderaan die dagstukkie te kliek, of nog erger, ons oordenkings as spam aanmeld.
2. Stel ASSEBLIEF ons e-pos (bv. hierdie brief) as Safe Sender. Dis by jou Junk Mail Options. Sit ons ook in jou kontaklys, bv. as Padlangs Oordenkings. Ons e-posse is padlangs@jimileroux.co.za, oordenkings@gmail.com en padlangs@telkomsa.net. Anders mag 'n spam-filter ons pos dalk blokkeer - dis hierdie jaar 'n groot probleem en ongelukkig buite ons beheer.  Laat weet egter as jy nie meer ons pos kry nie - ons het ook 'n ander lys!

Lydenstyd 2018

Woensdag is ASWOENSDAG, die begin van Lydenstyd. Ek neem al jare lank deel aan "Lent" (soos die Engelse dit noem) deur van sekere dinge te vas, soos miljoene ander Christene. Dis telkens vir my geestelik so vrugbaar! Sien jy kans? Jy kan meer hieroor lees op hierdie blad (kliek hier), waar ek ook 40 oordenkings vir Lydenstyd geplaas het. Ek gaan ook elke dag 'n spesiale oordenking op ons Facebook-blad plaas. As jy ons Page "Like", sal jy dit daagliks op jou eie blad kry: kliek hierJa, maak gerus meer van Lydenstyd en die Paasfees wat kom. Dis 'n fees wat teruggaan reg tot by die ontstaan van die kerk.

Dan nog net enkele items:

1. Onthou dat ons oordenkings ook in oudio-formaat beskikbaar is. Jy kan daarna luister op Facebook - by die skakel hierbo - of dit daagliks op jou selfoon ontvang! Olga Maartens lees dit vir ons kundig voor. Kliek hier vir hoe om op die lys te kom.

2. Ons oordenkings kom ook daagliks in Engels, as BY THE WAY. Laat weet gerus 'n Engelssprekende vriend. Vir die inligting kliek hier.

3. Jou maandelikse bydraes tot ons geloofsbediening word baie waardeer! As ons "dankie" aan jou ontvang jy dan weer 'n weeklikse kursus. Dis soos ons inkomste werk. Vir volle besonderhede oor bydraes en die maniere hoe dit kan gebeur (bv. EFT, debietorder of kredietkaart) kliek hier.

Nogmaals dankie vir elke vriend en vennoot, asook elke briefie (skryf gerus enige tyd) en bydrae. Mag die Here jou ryklik seën!  

Sterkte ook in hierdie warmste maand van ons warm land!

Jimi en Maryke

 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –