Forum 2.0

Naam bo alle name REEKS

 

Naam bo alle name is ons nuwe reeks oordenkings!

In die Bybel het name betekenisse gehad. Name het iets van iemand gesê. Jy kon iemand leer ken uit sy naam. Met God se Name is dit juis die geval!

Vir 'n jaar sluit ons aan by ons populêre gelyknamige kursus, Naam bo alle name, maar brei nou die tema uit. Oor 366 oordenkings beweeg ons deur AL die Name van die Here in die Skrif - of altans, feitlik almal. Die Bybel bevat honderde name, titels, beskrywings en beelde van God en ons bespreek elke dag kortliks een. Ons uitgangspunt is die volgende:

  • Ons bespreking is nie te teoreties nie. Dit bly 'n dagstukkie, 'n stiltetyd. Ons sê wat die Hebreeuse of Griekse woord beteken, maar ons sê veral wat dit vandag, vir my, beteken!
  • Soos altyd is ons oordenkings kort en kragtig - ons sê wat ons moet sê in omtrent 160 woorde.
  • Ons bespreking het 'n vloei. Ons begin by die Ou Testament en die Hebreeuse Name vir God en beweeg dan na die Nuwe Testament toe, met sy Griekse Name: daar bespreek ons die Name van Christus en die Heilige Gees. Ons eindig met ons eie "nuwe naam" in die Here!
  • Elke nou en dan stop ons en vat saam, sodat jy dit kan onthou: Sewe Name met EL, Sewe Name met JAHWEH, Sewe "Ek is"-stellings en so meer.

Hierdie reeks is anders in die volgende opsigte: (1) ons gebruik die Bybel - 'n Direkte Vertaling (BDV). Alhoewel hierdie nuwe Afrikaanse vertaling eers in 2020 uitkom, is proefvertalings reeds beskikbaar. Dis nuttig vir ons doel omdat dit die Name van die Here dikwels direk vertaal, teenoor die 1983-vertaling wat dit dikwels "verklaar". (2) Ons maak meer van die Skrifgedeelte en die gebed, sodat dit meer van 'n stiltetyd word - meer Gees, minder letter!

Wil jy die Here beter leer ken? Wil jy verstaan WIE Hy is? Leer ken Hom op sy Naam! 

Ons logo is saamgestel uit die Oer-Hebreeuse letters vir JHWH (Jahweh), een van die Name van God wat ons sal bespreek. Ons is egter nie 'n voorstander van die lering dat ons die Here slegs op sy Hebreeuse of Aramese name moet noem nie (en sal dit in ons reeks aanspreek).

As jy reeds ons oordenkings kry, sal jy outomaties die nuwe reeks ook ontvang. Ons oordenkings is gratis. 

As jy nog nie ons oordenkings ontvang nie, kan jy daarop inskryf deur op hierdie GEEL SKAKEL te kliek:

  

 

 


 

Hierdie reeks is gebaseer op ons kursus, NAAM BO ALLE NAME. Ons kursus vat die hele reeks - en honderde Name van die Here - mooi saam. Kyk gerus deur die eerste dele om jou te vergewis van die inhoud. Ons reeks oordenkings sal dieselfde patroon volg!

  • Om meer oor ons kursus Naam bo alle name te lees, kliek hier
  • Om meer oor ons vele ander kursusse te lees, kliek hier 

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –