5008493253?profile=RESIZE_400x

 

Reëlings vir die Openbaring AANLYN KLAS

(Junie - September 2020)

(Vir meer inligting oor die kursus self, kliek hier)

 

 

 

 

REëLINGS #1 - 14 MEI 2020 

1. Ons klasse sal plaasvind op Maandagaande 20:00-20:30 per Zoom. Volle besonderhede oor die maklike toegang en deelname sal verskaf word. Die volledige rooster is hieronder. Ons begin op MAANDAG, 25 MEI 2020 om 20:00 (agtuur). Ons sal vyf minute vooraf reeds aanlyn wees om betyds te kan begin.

2. Om dit vir almal maklik te maak sal ons die volgende werkswyse volg.

  • Kursusgangers ontvang 'n week vooraf die week se materiaal per e-pos en werk daardeur.
  • Hulle kyk ook na die kort video wat dit verduidelik, waarvoor die skakel verskaf sal word.
  • Dan ontmoet ons in die klas suiwer om dit te bespreek en vrae te antwoord. Ons gesprekke sal heeltemal informeel wees. 

3.Die klasse en video's is gratis, maar die notas is R150 per maand, vir vier maande. Bydraes is vooruitbetaalbaar, beginnende voor of op 1 Junie. As jy reeds 'n kursus by ons neem, of Padlangs Bediening maandeliks ondersteun, kontak ons asb. net eers. Jy kan enige tyd onttrek, waarop ons alle uitstaande notas vir jou bydrae aan jou sal aanstuur. Kopiereg word voorbehou op alle materiaal. 

4. Die kursus duur rofweg van JUNIE tot SEPTEMBER. Die rooster is soos volg:

  • 25 Mei (Deel #1)
  • 1 Jun (Deel #2), 8 Jun (Deel #3), 15 Jun (Deel #4), 22 Jun (Deel #5), 29 Jun (Deel #6)
  • 6 Jul (Deel #7), 13 Jul (Deel #8), 20 Jul (Deel #9), 27 Jul (Deel #10)
  • 3 Aug (Deel #11), 10 Aug (Deel #12), 17 Aug (Deel #13), 24 Aug (Deel #14), 31 Aug (Deel #15)
  • 7 Sep (Deel #16), 14 Sep (Deel #17), 21 Sep (Deel #18), 28 Sep (Deel #19)
  • Die indekse van die kursus sal agterna aangestuur word.

5. Studietyd. Die kursus sal omtrent 'n 90 minute per week verg: 60 min vir die deurlees en die video (sommige sal veel vinniger gaan) en 30 min vir die klas. Dis nie moeilike materiaal nie en beloof om baie interessant te wees. 

6. Almal moet verstaan dat dit nie 'n akademiese kursus is nie en geen assessering, akademiese krediete of sertifisering inhou nie. Dit is Bybelstudie. Daar is geen verpligting om enige van die studie-aktiwiteite te doen nie. Alles is totaal vrywillig.

7. Laat weet asb. of jy (1) inskryf en (2) of jy materiaal benodig. Die wat reeds hierdie kursus gedoen het (2017), kan hul materiaal daarvoor gebruik. Dis steeds dieselfde. 

Dankie! Ek sien uit na die kursus. Ek het self laas jaar 'n aanlyn-kursus gedoen en het dit baie stimulerend gevind.

Skryf gerus as daar vrae is. 

  


  

REëLINGS #2 - 19 MEI 2020

Ons het nog 'n klompie mense bygevoeg op die lys van belangstellendes en is tans 31. Dit mag hiervandaan bietjie uitdun, maar daar mag ook nog een of twee bykom. Van my kant weereens 'n groot WELKOM! Hierdie brief se doel is om  (1) die eerste materiaal te versprei, (2) instruksies te gee oor die klas en (3) verdere vrae te antwoord.

(1) MATERIAAL

Meegaande die eerste kursusdeel van Openbaring - 'n Ope Boek. Lees dit asb. heel eerste aandagtig deur. Kliek dan op die volgende skakel om die video te sien wat daarmee saamgaan: [..kontak my vir die skakel..]. Dis nie publiek gelys nie, dis net vir kursusgangers. Die materiaal en die video val ooreen – jy sal self sien. Jy sal voortaan jou materiaal en nuwe video op Dinsdae ontvang. Dan het jy 'n week om daardeur te werk.

(2) KLAS

Deur die loop van komende Maandag 25 Mei (waarskynlik die middag) sal ek aan jou die Zoom ID en password stuur. Kontak my as jy kort voor die klas niks ontvang het nie. Ek sal so vyf voor agt (19:55) reeds aanlyn gaan. Dit sal goed wees as jy dan ook kan inklok. Hopelik kan ons dan betyds begin – die klas is amptelik 20:00-20:30. Ons het net in totaal net 40 minute tot ons beskikking. Die eerste klas sal maar wees om ons voete te vind, dis doodreg. In die klas sal ons net 'n bespreking voer. Ek sal dit lei, maar jy kan gerus jou vrae ook reg hou.

  • Sommige voel ‘n bietjie uitgedaag met Zoom. Dis egter heel maklik. Jy moet wel vooraf Zoom aflaai op jou rekenaar, tablet of slimfoon. Maandag gaan jy doodgewoon daarheen (zoom.us) (met jou web blaaier, bv. Chrome of Firefox). Daar kliek jy net “Join a meeting” en voorsien die ID en password. Mens kan ook net ‘n skakel kliek op die brief wat ek jou sal stuur. Dan is jy outomaties deel van die vergadering en kan saamgesels. Jy kan met of sonder video aanlyn gaan. Meegaande is 'n dokument wat jou sal help (aangeheg hieronder). Moenie geïntimideerd wees nie, dit lyk moeiliker as wat dit is! As jy dink ons moet eers 'n oefenklas hou (sê maar sewe-uur), kan ons dit dalk doen. Laat maar weet!

 (3) VRAE

Ons antwoord nou 'n aantal vrae.

  1. 1. Hoe moet jy betaal? Jy kan 'n EFT maak (die rekening-besonderhede is hieronder), per kredietkaart betaal of Snapscan gebruik. Gebruik net jou naam as verwysing. Verskeie mense het al inbetaal. Dit is R150 p.m. vir die notas. Kliek hier vir meer besonderhede oor bydraes. Onthou, as jy reeds die kursus in die verlede gedoen het, het jy mos die materiaal en hoef jy niks te betaal nie, en as jy reeds 'n vennoot is, moet jy ons net laat weet, ons sal individueel met jou skakel.
  2. As jy nie nog as vennoot by ons bediening aangesluit het nie, kan jy hier kliek. Dis eintlik die normale manier om vir ons kursusse in te skryf. Sommige het al. Jy kan te enige tyd onttrek.
  3. Sommige sê hulle kan in hierdie tyd nie betaal nie. Dis te verstane. Jy kan steeds die kursus doen. Jy sal weliswaar nie (verdere) kursusdele kry nie, maar jy kan steeds volg. Die video dek die inhoud redelik en jy kan weekliks saamgesels. Dit sal jou besondere insig in Openbaring gee.
  4. Aan die ander kant, as jy die materiaal en video deurgegaan het, maar die klas gemis het, het jy die meerderheid van die kursus in elk geval onder die knie. Ek moedig jou egter aan om die klas by te woon, dis 'n besondere ervaring (en dis soos ons vorentoe gaan leer en vergader).
  5. Kan jy die kursus en die klasse op jou foon volg? Jy kan, ja. Dis nie so lekker groot nie, maar dit werk heel goed. Jy kan die materiaal daar lees, en ook die video op jou foon bekyk. Die BESTE ervaring is as jy die materiaal in kleur uitdruk (en vir jou ‘n mooi lêer opbou) en as jy op ‘n rekenaarskerm (slim TV nog beter) kan volg. Maar ja, nie almal het alle geriewe nie.

 Laat weet asseblief of jy reg is, of skryf in as venoot. Laat weet ook asb. as jy op hierdie stadium NIE langer betrokke wil wees nie, dan haal ons jou van die lys af. Dis ook doodreg. Skryf gerus as daar verdere vrae is.

Ek kan nie wag nie!

Jimi

Rekeningnaam: Padlangs Bediening
Rekeningnommer: 415 175 380
Bank: Standard Bank
Tak: Helderberg
Taknommer (elektroniese oorbetalings): 051001

 Zoom dokumente:

Zoom instruksies.pdf

Zoom Praktyke-etiket.pdf

 


 

REëLINGS #3 – 26 MEI 2020

Meegaande die materiaal en die video (... kontak my vir hierdie video... ) vir hierdie week. Lees eers die materiaal en kyk dan die video.

Die wat nog nie betaal het nie, word daaraan herinner. Baie dankie vir die meeste wat al bygedra het. (Die wat reeds materiaal het, dra nie weer by nie). Sit asb. ‘n verwysing by, ek vermoed ons het inbetalings gekry wat ons nie weet waar om te allokeer nie. Laat weet asb. as jy dink dis jy!

Wat ons byeenkoms gisteraand betref, die volgende:

  • Dit het oor die algemeen goed gegaan! Ons was (meestal 20) persone in die klas (uit ‘n studiegroep van 39, vandag). Sommige het probleme gehad met hulle konneksie en kon nie weer aansluit nie. Ander kon geheel en al nie aansluit nie, of by die password verby kom nie. Dankie dat julle my vandag laat weet het. Ons het veral maar kennis gemaak en ‘n bietjie deur die materiaal gesels. Probeer gerus volgende keer inskakel!
  • Ek voel ons moet ‘n toets-sessie hou vanaand weer om agt (20:00). Ek gaan die vereiste vir passwords probeer afskakel vir die wat van die selfoon inskakel (vir die res is dit verpligtend) en dan kan ons probleme probeer uitstryk. Laat weet vir my of jy belangstel, dit sal net so 10 of 15 minute neem. Ek stuur jou dan ‘n skakel so ‘n halfuur voor die tyd.
  • Met Zoom, soos met enige nuwe ding, moet mens eenvoudig inspring en dit aanleer. Aan die begin sal daar haakplekke wees, maar ons sal bedrewe raak. Let op die volgende: ons begin streng 20:00 (om 8 nm.) Zoom laat ons net 40 minute toe (totdat ek ‘n betaalde pakket bekom, maar daarvoor moet daar voldoende benutting wees). Hou asb. jou mikrofoon gemute, tensy jy wil praat. Dit verhoed agtergrond geluide en dat almal hoor wat jy vir jou mense sê. Toe ek jonk was, was daar voor in ons kerk gehoorstukke vir mense wat moelik hoor. Nogtans het dit af en toe gebeur dat ‘n oom na ‘n tannie buig en kliphard vra, tydens die preek: “Wat sê hy?”

Daar is nou ‘n skakel vanuit ons webruimte se voorblad na hierdie kursus en ons klas. As jy wonder of jy iets gemis het, kan jy net na ons webruimte gaan (www.jimileroux.com), die skakels daar volg en die jongste inligting lees.

Meegaande ook meer inligting oor Jesus as die verwagte Messias uit die Ou Testament. Dit kom uit ons kursus, NAAM BO ALLE NAME (waarop ons huidige reeks oordenkings gebaseer is).

Moet ons ‘n WhatsApp groep maak vir die duur van die kursus? Dalk sal dit help om laaste minuut-inligting, passwords, etc. deur te gee, of jy kan daarop laat weet dat jy nie kan connect nie, of jou vrae vooraf deurgee of sulke dinge? Laat weet asb. wat jy dink of gee sommer jou selnommer deur. Terloops, my nommer is 082 565 7972. Bel gerus. Ek sal net nie kan antwoord as die klas aan die gang is nie… J

Dankie vir jou deelname en laat weet hoe dit gaan!

NN#18 Beelde vir die Seun 1.pdf

 


 

REëLINGS #4 – 2 JUNIE 2020

Hallo daar!

 Meegaande nog ‘n week se kursusdele. Aangeheg is Deel #3 van die notas. By hierdie skakel sal jy die gepaardgaande video kan sien, wat dit ‘n bietjie verduidelik: {...   ...] . Dis die laaste van die inleidende hoofstukke, voor ons na Openbaring self gaan.

 Ons aanlyn-klas het gisteraand goed afgeloop. Slegs een persoon het gesukkel om te konnekteer, maar was uiteindelik suksesvol. Dankie vir julle deelname! Ek dink ons gaan nou ons ritme vind.

Ek heg, soos beloof, ‘n aanhangsel aan oor die Premillenialisme, waarby die tema aangesny word dat die wegraping voor die wederkoms sal plaasvind. Jy sal sien hoekom ons dit maar ‘n Bylaag gemaak het!

 Onthou asb:

  • Jy kan jou selnommer vir my deurgee vir ons broadcast group op WhatsApp. Onthou om my nommer (082 565 7972) ook op jou foon te hê, anders sal dit nie werk nie. Dis net vir reëlings

Kontak my asb. dadelik as jy voel jy het sekere materiaal nie ontvang nie. E-posse word soms nie afgelewer nie - daar was onlangs bv. 'n probleem met ons een adres. Jy kan ook WhatsApp daarvoor gebruik.

 Beste wense, geniet die studie!

 OP#20 Bylaag - Premillenialisme.pdf


 

VANAAND SE KLAS 11 Augustus 2020

Jimi le Roux is inviting you to a scheduled Zoom meeting.

 

 

 

Only those on the list will be allowed to enter.

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –