Forum 2.0

Jolanda is 'n jarelange lid van Padlangs (sy sê van middel 2005 af) en het ook al amper al die kursusse gedoen.  Sy skryf gewoonlik heerlike proesnis-geselsbriewe en toe ek haar vra vir 'n bydrae, was daar sommer dadelik 'n groot reaksie.  Lees self:

Good day mates! Ons familie – die Vorsters – bestaan uit pa Jacques, ma Jolanda, oudste boeta Heinrich, middel seuna Waldo en dan kleine pakkie, boetie Marcel.  Ons het in September 2004 na Australië geëmigreer, ‘n nuwe land met ‘n nuwe kultuur en ‘n eie manier van doen. Ons was nie altyd welkom nie en is ook deur ‘n moeilike tyd met Aussies wat nie van Suid-Afrikaners gehou het nie. Vandag kan ons egter sê dat ons deel is van die Australiërs, Proudly Australian.  

Om te emigreer is nie vir sissies nie. Dit het ons op die harde manier agtergekom.  Ons het vriende gemaak, ons het vyande gemaak, maar ons het ook meer gegroei in ons geloof, die suiweringsproses van die bouwerk deurgemaak. Afgebreek deur die Maker: die fondasie was goed,  maar die bouwerk was nie volgens “code” nie en Vader het oor begin. Hier het ons as familie die werklike waarde van geloof, van God se genade en teenwoordigheid leer ken en ervaar en ons tot nuwe hoogstes in ons geloof en in onsself geneem.  Sal ek dit wil anders hê? Nee! Hier is eers ‘n paar fotos:    

Pa Jacques, Waldo en Marcellie op die skouer

Ma Jolanda saam met Marcel, en saam met Heinrich

Ons bly in Clear Mountain, aan die noordwestekant van Brisbane, in die berge. My huis is omring deur bloekombome, kangaroos en soms ‘n koala of twee. Wat ‘n gesig om mee wakker te word... in die natuur! Vrede en rus! Wanneer dit reën hier, is dit nie bietjies nie! So lyk dit:

Ek werk al 4 jaar vir die Anglicans hier in Brisbane.  My man is ook werksaam hier in Brisbane. Die kinders is in Living Faith Lutheran Primary en in Grace Lutheran College.  Ons is ook deel van die Lutherse Kerk hier.  Jacques dien in die Men’s Ministry en ek is leier van die Vroue en ook hierdie jaar Dissipelship Coordinator.  In 2009 het ek, my vriendin Amanda en nog enkele vroue ‘n Ministry to Women op die been gekry. Ons het 2 kampe gehad en baie oggend-tees. In 2011 het ons uitkyk meer gegaan om die jonger geslag met die ouergeslag te herenig.  Ons het toe ook die eerste konferensie by Living Faith gehou met die tema Alive in Me. Dit het gegaan oor die vryheid wat ons in God het, deur in Hom te lewe, deur in Hom ons bagasie agter te laat, en ‘n nuwe lewe te begin.  Ons het gedans, ge-worship en uitgereik na vroue wat deur egskeidings gegaan het, abuse is, hul kinders moes beskerm teen hul partners, ens. Ons projek Mary and Martha het  toiletware, ens. bymekaar gemaak en namens Living Faith Lutheran Church aan hulle oorhandig.  Hier is ‘n paar fotos:

Ons dansgroepie 

Amanda en ek

Vroue het hul vingerafdrukke op die duif kom druk as bevestiging dat hulle hul vryheid in die Here aanvaar

Ons is as gesin is lief vir kamp. Ons kamp gereeld by Coffs Harbour in NSW of by Rainbow Beach in die noorde van Brisbane, Sunshine Coast.  Ons eerste verrassing op Rainbow Beach was ‘n lekker week se reën en natuurlik enkel diep in die water! Niks wat ‘n Cadac Tent nie kon keer nie... 

En natuurlik, laaste, maar nie die minste is, is ons sport! Met ons ouers se kuier in 2010 het ons na die Bulle se stryd teen die Reds gaan kyk op Suncorp:

In ons rugby-truie

Uiteindelik: ons is RedBul ondersteuners, proudly Australians, eet biltong en drink Forex Bier - wat ‘n kombinasie!  

Groete uit Clear Mountain, waar die berge drill, die uitsig clear is, en die gemoed hoog loop. 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.