Forum 2.0

Ook Sarel en Stephanie is ou vriende van Padlangs en van ons.  Ons was reeds twee keer in dieselfde gemeente, waarna ons paaie fisies uitmekaar geloop het, maar ons sien mekaar elke nou en dan en het gereeld kontak. Hulle is ere-lede in die sin dat hulle ook Padlangs kry reg van die begin af!  Sarel, wat eers by Anglo gewerk het, werk reeds jare op myne in Afrika-lande, o.a.Mali, Tanzanië en tans in die DRK. Stephanie het saam met Sarel 'n hart vir sending en hulle is toegewy aan sendeling-versorging en sending-ondersteuning.  Sendelinge word ontvang en rondgery, briewe en pakkies word weekliks na sendelinge gestuur en sendingkonferensies word gereël en uitgevoer in al die detail daarvan.  Hulle ken honderde sendelinge!  All for Jesus, is hulle leuse.  Ek is so bly ons kan hierdie kosbare mense en familievriende ook hier bekendstel - dankie wat julle ook vir ons beteken! Sarel skryf soos volg:

Ek is tans werksaam in die Demokratiese Republiek van die Kongo of sommer net die DRC soos dit algemeen genoem word. Ek is reeds 18 maande hier en ek werk as Projek Ingenieur vir een van die kopermyn-groepe wat in die Katanga provinsie van die DRC opereer.   Dit is ‘n rustige en veilige omgewing - veral die manne wat fietsry kan getuig dat jy orals kan ry sonder dat iemand dalk jou fiets vir hom wil vat...  

Sarel woon regs in hierdie huis op die mynterrein

Een van Sarel se projekte op die myn

Ek werk alreeds die afgelope 10 jaar plus buite Suid Afrika en het nog altyd Padlangs ontvang en dit is letterlik soos manna uit die hemel. Die grootste uitdaging is om nie so besig te raak dat die voëltjies die kosbare saad kom oppik nie. Ek het al in ander lande in Afrika gewerk en dit is steeds 'n voorreg om oor die jare van my kollegas aan Padlangs voor te stel en dan in die gange die kosbaarhede van die Woord met mekaar te deel.   Dit is nie verniet dat die Woord sê: U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig op my pad. Ons is 'n groepie wat Sondagoggende 06:00 bymekaar kom om die Woord te deel en saam te bid. Daar gaan nie 'n geleentheid verby waar ons nie by Padlangs ook 'n draai gaan maak nie. Hier is seker meer as 15 nasionaliteite wat in dieselfde village woon en saam werk. Dit is 'n wonderlike geleentheid om sout en lig te wees hier waar die Here my geplaas het. Die taal is soms 'n probleem (ek oefen wel my Frans :-)), maar dit is nie altyd woorde wat van Jesus getuig nie, maar 'n mens se lewe! Don't say it, live it! Die Here gee wonderlike geleenthede om met die plaaslike mense sowel as die expats die evangelie te kan deel. 

Mens moet darem 'n vleisie op die vuur kan gooi...

Dit is 'n ondervinding om meer van die plaaslike mense se kultuur, leefwyse en ook vreemde kossoorte te ontdek. Wanneer Stephanie hier is, is dit lekker om rond te gaan en die omgewing te explore! 
Sarel en Stephanie vroeër vanjaar in Suid-Afrika.

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Replies are closed for this discussion.