Forum 2.0

Seënboek Projek

CUM Uitgewers het vir ons 'n wonderlike aanbod gemaak en dit is dat hulle van tyd tot tyd deur ons bediening gratis boeke wil "saai" waar dit nodig is, op voorwaarde dat dit weer verder aangegee moet word.  So is ons Seënboek Projek gebore.  Ons eerste Seënboek was Onstuitbaar van Nick Vujicic. Ek het my kopie aangestuur na 'n vrou in die hospitaal en CUM het nog 5 kopieë aangestuur aan die persone hieronder, wat almal 'n besondere behoefte (dikwels vir iemand wat hulle ken) genoem het.  'n Groot dankie aan Jessica Vermeulen en die publisiteitsmense by CUM!

Nou gaan die projek voort en dit werk so:

  

1. Die Seënboek Projek word op ons Facebook-blad gedryf en jy moet daarheen gaan - die skakel is hieronder, maar die kans is goed dat jy vanaf FB hier beland het, nè?  Jy kan dan net terug gaan in jou internetblaaier;

2. Waar ons die aanbod daar bekend maak, kan jy laat weet of jy of iemand anders die boek nodig het - motiveer dit so bietjie dat mens 'n keuse kan maak...  mens moet darem in goeie grond saai, nie waar nie?  

3. Na 'n paar dae sal CUM se mense die besluit maak (dit word ook op hulle FB-blad geloods) en die name aankondig.  Hulle sal die gratis boeke dan aan die mense stuur.

4. Die voorwaarde is egter dit:  dit moet gaan aan iemand wat met 'n uitdaging worstel.  As daardie persoon dit klaar gelees het, moet hy dit dan weer verder stuur waar dit nodig is, en so aan.  Dit word duidelik voor in die boek geplak.  Die boek moet bly beweeg, en ons sou graag so ver moontlik volg waar die boek gaan.  Dis niemand se eiendom nie - dis 'n seënboek!

https://www.facebook.com/jimileroux

CUM se Facebook bladhttps://www.facebook.com/ChristelikeBoekeSA

 


 


2.  Van der Wat (red) - 88 Kwelvrae wat gelowiges pla (CUM, 2013). Ons tweede seënboek deur CUM-Uitgewers geskenk is hierdie een en het gegaan aan:  Rina Raath, Almarie Hartzer, Stien Rust, Karen Van der Bank en Zellie Grove.

3. Stormie Omartian - Die Krag van 'n Man en Vrou wat bid (CUM, 2013) - Des 2013.  Ons derde seënboek is hierdie mooi boek ook gebed en dit het gegaan na:  Rachelle Nienaber, Elsa Schutte Vd Bosch, Debra Marlane Siebert Scrooby, Lynne Singleton, Rita Schourie du Toit.

4. Pat & Ruth Williams - Gelukkige Maat, Gelukkige Huwelik (CUM, 2013) - Jan 2014.  Ons vierde seënboek gaan oor die huwelik.  Dit gaan na: Nedene van Rooyen, Ronel Morne Kemp, Zona Lee Geyer, Madelize Coetzee en Zelda Tolsma.

5. Neels Jackson - Op Soek na Jesus. (CUM, 2014) - Maart 2014.  Ons vyfde seënboek was hierdie anderster weergawe van die evangelies en het gegaan na: Toy Hancke, Karien Saaiman, Marix van Zijl, Lezanne Fischer en Sandra Kleinhans.  Veels geluk!

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –