Forum 2.0

SHOT

Die Engelse woord ‘shot’ het die volgende betekenisse: ‘n geweerskoot, ‘n inspuiting, ‘n sterk drankie, ‘n uitroep!

Het jy 'n kind of kinders op hoërskool?

Welkom by ons opwindende jeugprogram!

Is jy begaan dat jou tieners op die regte pad bly, of 'n voorsprong ontwikkel in die lewe?  Shot is ons funky, kleurvolle en relevante coaching-program oor Christenskap en die lewe.   Shot behels die volgende:

  • jou tiener kry 'n weeklikse shot ('n e-pos in pdf formaat) oor 'n tema wat relevant is tot sy lewe. Ons deel oor gesondheid, studie, selfbeeld, maats, ouens en meisies, ouers en onderwysers, verslawings, internet, vakkeuses en natuurlik 'n verhouding met die Here.  Omdat jy graag wil weet watter inset jou kind ontvang kry jy elke week ook dieselfde boodskap na jou e-pos!  Dit kan tot 'n gesprek lei met jou kind - wonderlik!
  • Ons hou die weeklikse shot kort en kragtig en ons gesels reguit en duidelik en op die vlak van tieners. Ons vermy als wat outyds, prekerig of vervelig is!  Van jou tiener word niks besonders verwag as om dit te ontvang, (hopelik!) te lees en op sy rekenaar te save nie.  Jy kan egter weet dat hy of sy blootgestel is aan 'n gesonde waardesisteem.  'n Kwart van ons temas gaan oor 'n verhouding met God, maar sonder om in enige rigting druk uit te oefen.  Daar is egter meer:
  • Jou tiener het 'n oop lyn na 'n life coach om van gebruik te maak as hy wil!  Ek is 'n gekwalifiseerde lewensafrigter en voorligter-onderwyser en my eie tieners is nou studente.  As jou tiener wil kan hy of sy eenvoudig reply op sy shot met 'n gebedsversoek, vraag of hartsprobleem.  Soms loop kinders met 'n hart vol vrae en niemand om mee te praat nie... wil nie altyd na ma en pa gaan nie!  DIT is eintlik shot se value-add en voorsprong. LET WEL: Ons gesprekke sal vertroulik moet wees om die tiener te beskerm, maar ons reël sal vooraf wees (1) dat ons nie oor seks sal gesels nie, en (2) as dinge op 'n ernstige probleem dui, ek die ouers kan inlig met die kind se toestemming, of as dit oor 'n misdaad gaan, sonder die kind se toestemming (dis die wet).  Ek sal die kind ook kan verwys na ander professionele persone. Ek is onderworpe aan die etiese kode van die bediening en van Comensa (Coaches & Mentors, South Africa).
  • Shot duur vir 'n jaar - en daarna nog 'n jaar - maar jy kan afteken net wanneer jy wil.

Dis maar dit!  Die koste is ons gewone maandelikse bydrae (R120). 

Laai die eerste programdeel hieronder af:

shot #01 - Kry 'n coach

 

Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier

Jy kan ook na die eerste deel kyk deur op die onderstaande grafika te kliek:

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –