Forum 2.0

Sielsvorming

3742413161?profile=RESIZE_710x

 

Sielsvorming

Wat is jou siel? Jou siel is jou binnekant. Dis jou JY, jou belewing van jouself. Jou siel is JY wat waarneem en dink en voel en besluit en bid en droom. Jou siel is deur God geskape en bevat die areas waar net Hy jou ken, deur sy Heilige Gees. Jou siel is gemaak om met God te leef, vir ewig! Jou siel moet ook gekultiveer word - gelei, gevorm, gevoed - sodat dit kan word wat God gedroom het. Hierdie kursus wil daarmee help.

Sielsvorming ondersoek in 14 studies wat jou siel is en wat jou siel nodig het. Elke kursusdeel bevat oefeninge sodat jy jou siel kan leer om volwasse te word, vrede te beleef, vertroue te hê, moedig te wees en bowenal te WORD wat hy of sy moet word. 

Laai die eerste dele (Inhoud en Deel #1) gratis af, sodat jy kan sien hoe die kursus uiteengesit is. Kliek op die onderstaande skakels.

Kultiveer jou siel!

 

Sielsvorming #0: Inhoud - Oorsig oor die kursus

Sielsvorming #1: Wese - Wat is die siel?

 

2386233854?profile=RESIZE_180x180Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier

Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –