Forum 2.0

Trinitariese Seën Muurpapier

Die Trinitariese Seën Muurpapier is bedoel vir diegene met die ooreenkomstige mooi Padlangs- muismatjie, wat ons spesiaal laat maak het.  Hulle lyk byna dieselfde en beide bevat die mooi woorde van 2 Kor 13:13.  Die muurpapier lyk soos hieronder en is in die formaat 1280x1024 pixels.  Ek het dit swart gemaak en gedemp sodat dit pas by jou ander rekenaargoete en dit stylvol kan lyk. Dit sal sommer baie snazzy lyk as jou skerm en jou mousepad dieselfde lyk - soos ons rekenaars nou lyk!

 

Om af te laai en op jou rekenaar te installeer is net twee of drie klieke weg:

  • Kliek op die prent hierbo of op die skakel hieronder (wat sê Trinit-Seen-Muurp-Swart.jpg) en die prent sal groot oopmaak.
  • Regskliek op die prent en kliek dan Set as Desktop Background of soortgelyk. Voila!

Ek hoop dit seën jou inderdaad, soos jy ook vir ons tot seën is!

Jimi en Maryke

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Replies are closed for this discussion.