Gevorderde geestelike kursusse
Ons noem dit gevorderde kursusse, omdat dit op ons basiese kursusse volg - en omdat dit jou dieper in die geestelike lewe inlei.
Die maak van ruimtes in my lewe vir God. Daar is geen dissipelskap sonder dissiplines nie! Ook Jesus het met dissiplines geleef. 18 weke.
Die Heilige Gees in my lewe. 'n Drie-in-een kursus: (1) die Persoon van die Gees, (2) gawes en bediening, en (3) sy salwing spesifiek tot Profesie, Tale en Genesing. 21 weke
Ons volg Jesus se kursus oor gebed - die Ons Vader - frase vir frase en leer wat gebed werklik is. Sy gebed is so anders as ons s'n! 15 weke.
Ons unieke kursus oor die antieke gebruik van "Die Ure", waarin ons leer om met Jesus deur ons hele dag - elke dag - te gaan. "Bid altyddeur!" 11 weke.
Ons bestudeer ELKE gelykenis van Jesus oor 24 weke en word weereens meegevoer deur die omgekeerde manier waarop Jesus die lewe beskou!
Ons bestudeer oor 28 weke die name van God, Christus en die Gees in die Bybel. God se Name sê wie Hy is - leer HOM dus beter ken!
Replies