Forum 2.0

 

   

Volg My is ons nuwe reeks dagstukkies wat in September 2017 afskop!

Vir ons nuwe reeks keer ons terug na die Nuwe Testament. Ons haak aan by ons "basiese Christenskap"-kursus, Geestelike Vorming, en werk deur veertig temas wat fundamenteel is vir die volgeling van Jesus. Ons begin by die begin: 'n besluit om Jesus te volg! Dan behandel ons temas soos die Woord en gebed. Hoe hoor ek Jesus se stem? Dan beweeg ons na meer gevorderde temas soos die Heilige Gees, geloof en geestelike dissiplines. Daarna kyk ons na ons verhoudings met ander mense, hoe ons met die wêreld, die sonde en die vyand moet deel - en vele meer! Ons sal ook die gesonde leer oor God, die mens, die verlossing, ens. aanraak. Ten slotte sal dit gaan oor oorgawe, oor die kruis opneem. Dís die doel van ons dissipelskap!

  • Het jy jou aan Jesus Christus verbind? Wil jy 'n getroue volgeling wees?
  • Weet jy dat volgelingskap 'n prys kos, maar wil jy Jesus nogtans volg?

Hierdie reeks oordenkings kan jou daarmee help! Waar dagstukkies dikwels net 'n inspirerende gedagte-vir-die-dag is, is hierdie reeks meer uitdagend. Jesus roep immers, en ons moet antwoord. Hy vra 'n volle commitment, nie halfhartige besluite nie. Hy wil nie 'n toevallige deel van ons lewe wees nie, Hy wil die middelpunt wees, die HERE - of niks! Daar sal dus offers wees langs die pad, moeilike keuses - en dit sal jou hele lewe verander - maar jy sal nooit, ooit spyt wees nie!

Sluit by ons aan vir hierdie opwindende en lewensveranderende reis! Dis 'n reeks wat deurloop na 'n klimaks toe (en probeer dit as 'n kursus benader), maar die oordenkings het elkeen ook sy eie boodskap. Leer, oefen, groei - gee jouself om gevorm te word na die beeld van Christus.

As jy reeds ons oordenkings kry, sal jy outomaties die nuwe reeks ook ontvang. Ons oordenkings is gratis. 

As jy nog nie ons oordenkings ontvang nie, kan jy daarop inskryf deur op hierdie GEEL SKAKEL te kliek:

 


Volg My is gebaseer op ons kursus, Geestelike Vorming. Ons kursus gee ekstra inligting en oefeninge om jou op die dissipelskap-pad te help. Hierdie "basiese" kursus, is al deur 100'e mense geneem, en bly steeds populêr. Ons dek al die basiese aspekte van 'n lewe met God - 'n basiese program vir alle volgelinge van die Here.

Hierdie kursus word nou nuut oorgewerk in 'n rekenaar-vriendelike formaat. Laai die eerste dele gratis af by die onderstaande skakels. Dit neem slegs 'n paar sekondes.

GV3#0 - Voorblad

GV3#1 - Verhouding

Om meer te lees of vir ons kursusse in te skryf, kliek hier:

You need to be a member of jimileroux30 to add comments!

Join jimileroux30

Email me when people reply –