Wesenlike Woord

7648636887?profile=RESIZE_400x

Wesenlike Woord is ons nuwe reeks oordenkings!

Op 1 Oktober 2020 begin ons met 'n nuwe reeks, Wesenlike Woord

 

Ons kies die bekendste, belangrikste en betekenisvolste verse in die Bybel, van Genesis tot Openbaring, en oordink dit in 366 kragtige oordenkings. Ons uitgangspunte is die volgende:

  • Ons dagstukkies bly 'n kort stiltetyd: ons lees die Woord, ons dink oor die betekenis en bid dan daaroor. Ons glo nie 'n daaglikse oordenking is 'n minderwaardige stiltetyd nie. O nee, as jy dit reg doen, sal Wesenlike Woord 'n kragtige hulpmiddel wees vir jou daaglikse tyd met God. 
  • Ons oordenkings is kort en kragtig - ons sê wat ons moet sê in omtrent 160 woorde. Ons probeer altyd by een of ander praktyk uitkom, nie net 'n waarheid stel nie.
  • Ons sal deur die Skrif werk van Genesis tot Openbaring, helfte van die tyd in die Ou Testament en helfte in die Nuwe Testament. Die oordenkings self sal egter nie op mekaar volg nie - elkeen staan op sy eie. Oorhoofs, natuurlik, soos ons deur die Skrif beweeg, sal dit die groot boodskap van die Bybel oordra, wat uitloop op die koms van die Verlosser, Jesus Christus, en wat dit vir ons beteken.
  • Ons gebruik weer Die Bybel - 'n Direkte Vertaling (BDV). Dit is die amptelike nuwe Afrikaanse vertaling wat in November 2020 bekend gestel word. Kliek hier vir meer inligting. Ons gebruik solank die proefvertalings wat beskikbaar is.

7990314464?profile=RESIZE_180x180

NUUT: Ons eindig elke oordenking met 'n kontemplatiewe toepassing. As 'n "BEDINK VANDAG" word 'n kort stelling gegee - 'n samevatting van die boodskap - wat jy deur jou dag kan neem. Moenie hierdie stelling as 'n nagedagte sien nie, dis wesenlik tot ons doel, naamlik dat die Woord in ons harte en praktyk sal ingaan. Herhaal die stelling todat jy dit onthou, of skryf dit elke dag in jou dagboek. Probeer om dit dan in jou dag in te neem, deur herhaling, oordenking en toepassing. Laat die Heilige Gees nog verdere betekenisse en toepassings vir jou oopvou, en probeer om te doen wat die Skrif daardie dag vir jou sê.

7805608870?profile=RESIZE_180x180

Ons logo simboliseer die oop Bybel, Ou en Nuwe Testament. Die lettertipe en kleure herinner ons aan die Bybel se teks en voorkoms. Die rooi kol daarnaas simboliseer Jesus se bloed wat in elke opsig die "punt" van die Bybel uitmaak.

Wesenlike Woord is ook in Engels beskikbaar. Om op BY THE WAY se "The Word to the Wise" in te skryf, kliek hier

As jy reeds ons oordenkings kry, sal jy outomaties die nuwe reeks ook ontvang. Ons oordenkings is gratis.

As jy nog nie ons oordenkings ontvang nie, kan jy daarop inskryf deur op hierdie GEEL SKAKEL te kliek:

 

3802166351?profile=RESIZE_710x  

 

 

3801042100?profile=RESIZE_180x180

 

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –