Skryf in op Padlangs Dagstukkies

 

'n Uitnodiging tot vyf minute ... wat jou dag kan verander!

Begin die dag reg - met God!  In ons gejaagde lewe vind ons min tyd om met die Here af te sonder.  Stiltetyd kom egter na jou toe!  Ons daaglikse oordenkings stel jou in staat om:

  • elke dag kortliks stil te word, op God te fokus en te bid,
  • elke dag die Woord te lees, dit te oordink en te laat ingaan, en
  • elke dag God se leiding en inset in jou lewe te beleef.

Ons oordenkings behels 'n gratis, daaglikse e-pos wat deur duisende mense die wêreld oor gelees word.  Dit is vyf minute wat jou dag kan verander!  Jy kan te enige tyd weer afteken.  Skryf binne sekondes in deur op die geel skakel hieronder te kliek. Baie welkom!

   

Skryf hier gratis in op ons oordenkings:

 

Meer inligting oor ons oordenkings:

Ons daaglikse oordenkings word gratis uitgestuur van Maandae tot Vrydae - Desembervakansie uitgesluit. Dit bestaan uit 'n vers, 'n oordenking, 'n een-reël gebed en 'n kort praktiese toepassing. Dit bestaan reeds sedert 2001 en word wêreldwyd gelees.  Dit verskyn ook in Engels (By the Way). Ons probeer om ons oordenkings soos volg te skryf:

  • kort en kragtig - ons oordenking is een paragraaf van 160 woorde, dis al
  • prakties en padlangs - ons wil diep waarhede helder, duidelik en relevant maak
  • klem op verhouding - ons vermy dogmatiese en abstrakte temas, en bly by die praktyk van 'n verhouding met God, van geloof-wat-grondvat
  • dieper, nie vlakker nie - ons wil nie net by die lekker dele van die Woord bly nie, maar werk sistematies: deur Bybelboeke of deur temas.  Dis nie suikertjies nie, dis vaste spys.

 

Om meer oor hierdie jaar se reeks te lees, kliek hier.

Om die meeste van ons oordenkings te maak kliek hier

Vir honderde vorige oordenkings kliek hier

Vir ons Engelse oordenkings (By the Way) kliek hier

Om meer oor Jimi le Roux te lees kliek hier

Lees gerus ons lys se privaatheidsbeleidkliek hier

Vir die voorwaardes en beleid van ons diens kliek hier

Om te lees hoe ek die oordenkings aanpak kliek hier

Vir getuienisse deur lesers oor ons oordenkings kliek hier

As jy probleme het om jou dagstukkies te ontvang, of vrae het kliek hier.

As jy probleme het en ons Addisionele Lys wil probeer kliek hier

As jy wil afteken van ons oordenkings, gebruik die 'unsubscribe'-skakel onder die dagstukkie of kliek hier