SnapScan

Gebruik SnapScan - die toekoms van betaling!

Tienduisend winkels en besighede, asook baie kerke gebruik tans SnapScan, wat betalings doodmaklik en doodveilig maak.  Jy mik net met jou selfoon op 'n twee-dimensionele kode wat daar by die kasregister van 'n winkel (en hierbo) staan en jou foon vra dan nou maar hoeveel wil jy betaal?  Jy tik dan die bedrag in en jou geheime PIN en daar's hy - klaar betaal!  Die winkel kry 'n SMS wat sê dis reg so - jy vat jou goed en loop. Geen kontant, geen kaart, geen niks. Die betaling gaan uit jou kredietkaart of aanlyn-debietkaart. Dis veilig, want jou kaartinfo word in gekodeerde vorm op jou selfoon geberg - niemand sien dit ooit nie.  Dit word deur Standard Bank gedryf, maar alle Master en Visa kaarte sal werk - ongelukkig net in Suid-Afrika.

Kliek hier om meer oor SnapScan op hulle webruimte te lees.

  

Ons het ook nou SnapScan

As jy reeds SnapScan gebruik, weet jy reeds wat op te doen om tot Padlangs by te dra of vir 'n kursus te betaal - die kode is hierbo.  Baie dankie!

  

Stel SnapScan op in 5 minute

As jy nie SnapScan het nie kan jy dit vinnig opstel (dit het my so 5 minute gevat) en dan is jy reg om op duisende plekke te betaal met jou selfoon alleen.  Doen dit soos volg:

  • Gaan met jou selfoon na jou App Store en download die SnapScan App - dis nie groot nie
  • Jy stel dit op deur jou bank te kies, 'n paar vragies te antwoord en deur die App op jou kredietkaart (of die een wat jy wil gebruik) te mik. Hy gryp jou kaartbesonderhede sommer self
  • Hy sal jou laat weet as alles reg is (hy trek R2 af en sit dit weer terug) en of daar dalk 'n fout is (bv. verkeerde tipe kaart)
  • Jy moet ook op 'n e-pos bevestig en so aan en dan is jy reg

Dis maar al.  Om dit te gebruik moet jy die App oopmaak (nie jou kamera nie) en dit laat SCAN.  Dis vreeslik maklik.

  

Gaan terug na die Bydraes-blad