Innerlike Heling


Innerlike Heling

Innerlike Heling is 'n inleiding tot innerlike seer en pastorale beraad

Alhoewel dit inleidend is, is hierdie kursus omvattend, kontemporêr en prakties. Ons dek al die wesenlike temas van innerlike probleme asook berading en gebruik die vloei van 'n tipiese beradingsproses. Dit is primêr bedoel vir selfgebruik: vir insig in myself,  vir toepassing en persoonlike groei en heling. Dit is egter ook nuttig vir die wat ander wil begelei. Dis inderdaad 'n inleidende kursus in beraad wat oor vier maande gevolg kan word, en as dit met praktiese supervisie gepaardgaan, kan dit met vrug gebruik word in gemeentes as opleiding vir pastorale werkers, christelike beraders, "luisteraars" en die wat besoekwerk doen. Die klem is op persoonlike innerlike probleme - nie op verhoudings of krisisse nie. Die temas wat ons dek is die volgende:

Temas

1. AGTERGROND BY DIE MENS, PROBLEME EN BERAAD
2. HOE OM JOU IN DIE BERADINGSPROSES TE GEDRA EN INTENSIONEEL TE LUISTER
3. HOE OM ONDERSOEK TE DOEN NA PROBLEME
4. HOE OM PROBLEEMAREAS TE HANTEER EN 'N PAD NA HEELHEID TE VIND

Die kursus word weekliks per e-pos uitgestuur oor 18 weke. Kontak ons wat die bydrae betref.

Laai die Voorblad en Inhoudsopgawe hier af:

IH0 - Voorblad


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.