PADLANGS is 'n geloofsbediening

Ons bedryf ons bediening  deur bydraes wat ons ontvang.  Dit gebeur hoofsaaklik deurdat mense maandeliks bydra en daarmee 'n kursus bekom. Ander gee net op 'n ad hoc-basis. Dis 'n moeilike saak om te hanteer: ons is nie skaam om vir ondersteuning te vra nie, maar aan die ander kant gaan dit nie oor geld nie. Dit gaan oor die bediening. Die manier waarop ons ons bediening tans befonds - deur ons kursusse as insentief te gebruik - het 'n lang pad gekom en werk vir ons. Dit vra nie net iets nie, dit gee iets terug. Dis 'n wen-wen. Dankie aan almal wat ons bediening ondersteun, sommige al vir baie jare - dit word baie, baie waardeer! Mag die Here jou daarvoor seën!

As jy 'n gereelde maandelikse bydrae maak van R150 of meer, beskou ons jou as 'n VENNOOT en ontvang jy 'n geestelike kursus van jou keuse.

Jy kan op een van die volgende maniere 'n bydrae maak aan Padlangs:

  • Jy kan elektronies of fisies 'n deposito in ons rekening maak. Die rekeningbesonderhede is hieronder.
  • Jy kan ook van oorsee 'n inbetaling in ons rekening maak - besonderhede sal op jou bank se webruimte (of in die tak) wees. Gebruik ons bankbesonderhede hieronder en Standard Bank se SWIFT kode SBZAZAJJ.
  • Jy kan 'n maandelikse debietorder teken. Die voordeel is dat jy dit nie maandeliks hoef te onthou nie, en dit help ons natuurlik om te beplan. 'n Debietorder kan op enige stadium gekanselleer word, deur aan ons te skryf.
  • Jy kan SnapScan gebruik - die heel eenvoudigste manier, wat werk vir enige kaart en enige land!
  • Jy kan d.m.v. jou kredietkaart 'n onmiddelike (of gereelde) betaling maak, ook vanuit die buiteland.

Neem kennis dat alle webtransaksies deur betroubare en veilige finansiële tussengangers gedoen word. Alle diensverskaffers toon aan - verifieer gerus vir jouself - dat hulle veilige webruimtes het wat gebruik maak van die beste veiligheidsprosedures en enkripsies.

Padlangs rekeningbesonderhede:

Rekeningnaam: PADLANGS BEDIENING
Rekeningnommer: 415175380
Bank: Standard Bank
Tak: Helderberg
Taknommer: 051001

.